Lae Cholesterol Voedselvoorbereiding

Vette: Voedsel wat met die oog op lae cholesterol voorberei word, hoef nie droog te wees nie. Vette moet egter spaarsamig gebruik word by die voorbereiding van maaltye en die soort vet wat gebruik word is ook baie belangrik.

  • Toegelate vette: Olyfolie, Canola olie, Grondboon-olie, Palmvrugolie.
  • Vette wat vermy moet word: Dierevet, spek, alle margarien. Botter kan spaarsamig gebruik word.
  • Proteïnkosse: Verwyder alle sigbare vet by vleis en hoender. Braai of bak vleis sonder om vet by te voeg. Gebruik ‘n klein bietjie olyfolie by die voorbereiding van gestoofde vleis, oondstoofgeregte (casseroles). Gebruik kleefvrye potte en panne.
  • Peulgewasse dien as plaasvervanger vir diereproteïn.
  • Sluit kalkoen- en volstruisvleis by die dieet in.
  • Probeer om oor die algemeen gebraaide kosse te vermy. Olyfolie kan by roerbraai of vlakgebraaide kosse gebruik word.
  • Vermy alle orgaanvleis, geblikte en geprosesseerde vleis en alle vetterige vleis.
  • Beperk eiers tot 2-3 per week.
  • Suiwelprodukte: Gebruik afgeroomde/vetvrye of laevet melk en laevet of vetvrye jogurt.
  • Beperk die gebruik van volvet kaas (bv. cheddar en gouda) tot 100g per week.
  • Gebruik laevet of vetvry dikmelkkaas. Lees die etikette op alle kase om die vetinhoud vas te stel.
  • Produkte om te vermy: Room, roomys, geprosesserde en volroomkaas en koffie-verromers.
  • Brood en graankosse: Gebruik onverfynde of heelgraanprodukte. Probeer om hawermout by die dieet in te sluit. Soek na lae GI (Glisemiese Indeks) saadbrode.
  • Vrugte en groente: Sluit ‘n verskeidenheid vrugtes en groentes by jou daaglikse eetplan in.
  • Kruie en speserye: Alhoewel dit baie belangrik is om geursel by te voeg om smaaklike etes voor te berei, moet smaakmiddels soos Aromat en ander produkte wat mono-sodium glutamaat (MSG) bevat, nie gebruik word nie. Gebruik vars of gedroogde kruie, knoffel, suurlemoensap, asyn (bv. balsemiekasyn) om geur by kos te voeg.

Dieetkundige ondersteuning

Om cholesterol te help verlaag, gebruik C-Gard vitamine C in voedselvorm.

Om die hele bloedsirkulasiesisteem te versterk, gebruik Circutron.

Gebruik Ultragard as oorkoepelende instandhoudingsproduk waarna jy terugval wanneer C-Gard en Circutron hulle werk gedoen het.

Kontak ons vir meer inligting oor hierdie produkte. Meld asb waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid.

Kommentaar

Admin
#2 Admin 2014-02-27 08:28
Hallo Santa, die eetplanne op www.verslank.net tesame met die wenke oor lae cholesterol voedselvoorbere iding (ook by die eetplanne) sal jou help. As jy voel dat jy bykomende gespesialiseerd e hulp nodig het, kan jy vir ‘n tydlank hoe dosisse voedselvorm vit C neem wat die cholesterolvlak ke kan help om vinnig te daal. Die beste bron met voldoende opneembare vit C is C-Gard van Sportron. Laat weet my waar jy woon dan kan ek jou inlig oor bekombaarheid.

Santa Fivaz
#1 Santa Fivaz 2014-02-26 09:38
Goeie dag,
Ek woon in Centurion en het gister uitgevind dat ek hoe colestrol het. Is dringend opsoek na n dieet plan wat ek kan volg asb.