Nota: Hoeveelhede tussen hakies is vir mans
Ontbyt-opsies
Opsie 1:
1 Skyfie spanspek
½ [1] Koppie All Bran
½ [1] Koppie laevet melk
Opsie 2:
½ Glas vrugtesap
1 [2] Snye roosterbrood
1 [2] Geposjeerde / Gekookte eiers
Opsie 3:
½ Pomelo
200ml Hawermout- of mieliemeelpap
¼ Koppie Laevet melk [1 Roosterbrood, 2t Heuning]
Opsie 4:
1 Skyf Papaja
1 [2] Snye roosterbrood
2T [4T] Gebakte bone
Opsie 5:
2 Perskes
1[2] Weet Bix
½ [1] Koppie laevetmelk
Opsie 6:
½ Glas vrugtesap
1 [2] Snye roosterbrood
1 [2] Roereiers – “Non-stick” pan
Opsie 7:
Lemoen
1 [2] Klein roosterkoekie
175ml “Lite” Jogurt
Middagete-opsies
Opsie 1:
Kaas en beskuitjies –
4 [6] Provita
½ Bakkie laevet dikmelkkaas (Cottage cheese) of 30g Cheddarkaas Dille-agurkies Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte, bv. piesang
Opsie 2:
Pasta-slaai –
1 [1½] koppie gekookte pasta
½ Blik Tuna
Vars kruie
1T Lae-olie slaaisous
Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte
Opsie 3:
Hoender-rol –
1 Heelgraan rolletjie
50g Hoenderbors
1T Lae-olie Mayonnaise Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte
Opsie 4:
Gebakte ertappel –
200g Gebakte ertappel
60g [90g] Gerasperde laevet kaas
1T Lae-olie slaaisous
Slaai [Groente groep A]
1[2] Vrugte
Opsie 5:
Toebroodjie –
2 Snye brood
30g [60g] Maer ham
Mosterd
Tamatieskyfies
1T Lae-olie Slaaisous of 1t Botter
Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte
Opsie 6:
Hoender en Rysslaai –
50g Blokkies gekookte hoender
1 [2] Koppie gekookte rys
2T Mayonnaise
2t Blatjang Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte
Opsie 7:
Pita –
1 Pitabrood
50g Hoender / Tuna / Maer ham
1T Lae-olie slaaisous
Slaai [Groente groep A]
1 [2] Vrugte
Aandete-opsies
Opsie 1:
Vis –
60-90g [120-140g]
Geroosterde of gebakte vis:
Stokvis / Tongvis / Koningklip
2t Botter,
Kruie
4T [6T] Rys
Groente A
3-4T Groente B
Opsie 2:
Biefstuk –
60g [90g] Roosterbiefstuk
120g [200g] Gebakte aartappel / Rys
1t Botter
Groente A
3-4T Groente B
Opsie 3:
Ribbetjie –
1 [2] Maer geroosterde vark / Lamribbetjie
4T [6T] Kapokaartappels
Groente A
3-4T Groente B
Opsie 4:
Pasta Napolitana –
1 [1½] Koppie gekookte pasta
Tamatie en uie
Sous met murgpampoene, sampioene en kruie
60g Gerasperde Mozzarella
Groenslaai [Groente groep A]
Opsie 5:
Groente en Hoender Stoofgereg –
1[2] Hoenderborsies
4T [6T] Bruinrys / Kapokaartappels
Groente groep A
3-4T Groente groep B
Opsie 6:
Gesonde Burger –
1 Burger-rol [Bruin]
1 [2] Geroosterde frikkadelle 60g
Tamatie-en Uiesmeer
Slaai [Groente groep A]
3-4T Gerasperde wortel
Opsie 7:
Roerbraai –
100g [150g] Rou repies varkfillet
1t [2t] Olyfolie
Sojasous en geurmiddel
Repies wortel en murgpampoen
4T [6T] Bruinrys
Verdere opsies vir middagete
Gebakte aartappel:
200g Gebakte aartappel 1T Laevet slaaisous Vulsels: 90g [120g] Tuna of Laevet dikmelkkaas of Hoenderblokkies of 60g [90g] Maer ham of Spek [Bacon]Slaai [Groente groep A]
Toebroodjies:
2 Snye heelgraanbrood 1T Lae olie slaaisous of 2t “Lite” Margarien 30g [60g] Maer kouevleis, Hoenderborsie, Tuna of Vis Hou jou broodjie smaaklik deur die tipe lae-olie slaaisous wat jy kies af te wissel. Gebruik mosterd of suurtjies vir ‘n byterigheidjie!
Groente Groep A
[Groot porsies uit hierdie groep is in orde]
Aspersies, Babamurgpampoen, Eiervrug, Broccoli, Brusselse spruitjies, Kool, Blomkool, Seldery, Komkommer, Lemoenpampoentjies, Agurkies, Groenbone, Preie, Blaarslaai, Murgpampoen, Sampioene, Uie, Kolwyntjies, Soetrissies, Radyse, Spinasie, Gras-uitjies, Tamaties, Rape, Bronslaai [Watercress].
Groente Groep B
[Beperk tot 150g per item per dag vir die eerste twee weke en daarna tot 120g per item per dag]
Beet, Botterskorsies, Wortels, Gemengde bevrore groente, “Hubbard Squash”, Witwortel, Ertjies, Pampoen.
Ander moontlikhede vir aandetes
Spagetti Bolognaise: 90g [120g] Maer maalvleis, gekook en gegeur met kruie en speserye. 1 [1½] Koppies gekookte spagetti Slaai [Groente groep A] 3-4T Ertjies
Geurige omelet: 2 Eiers 1T Water Sout en peper
Vulsel: Kook enige kombinasie van groente uit groep A met 1t olie en kruie en speserye van jou keuse. Berei omelet voor [gebruik spuitmiddel in die pan om vassit te verhoed]. Voeg vulsel by. Bedien met groenslaai en ‘n klein, bruin heelgraanrolletjie.
Tuna en Slaai: Groot gemengde slaai Groente groep A ½ Koppie gerasperde wortel 90g [120g] Tuna in soutwater / Hoenderborsie 1T Lae olie slaaisous Heelgraanrolletjie
Algemene Opmerkings
Voedsel in ‘n Mikrogolfoond voorberei, is geskik vir ‘n verslankingsplan op voorwaarde dat geen bykomende vet gebruik word nie.
Kruie [vars of gedroog], speserye, kerriepoeier, knoffel, suurlemoensap, asyne [balsamic/appel/druif], Worcestershiresous, Bovril en Marmite kan by voorbereiding vir geursel gebruik word. 1t Margarien of botter kan by groente gevoeg word indien dit werklik nodig is. Daaglikse toelating vir afgeroomde melk is 250ml [1 koppie].
Bly gemotiveerd
Hierdie wetenskaplik-beproefde en veilige benadering tot verslanking, gewigbeheer en goeie gesondheid maak dit maklik om daardie allerbelangrike positiewe gesindheid en motivering te handhaaf.
Die eetplan is nie rigied soos baie diete nie en laat ruimte vir lekker eet en afwisseling. As jy dit egter net doen omdat iemand by jou aandring of om in daardie klere te pas, sal jou verbintenis neig om te vervaag.
Motivering moet van binne kom – uit ‘n opregte behoefte na beter gesondheid, meer energie, selfvertroue en die gevoel dat jy in beheer is. Dit sal jou kanse op langtermynsukses aansienlik verbeter.
Streef eerder na gesondheid as na voorkoms. Mik na jou ideale gewig vir goeie gesondheid. Dit is nie noodwendig die laagste gewig wat jy kan bereik of wat jy as “ideaal” beskou nie. Jou gesonde gewig is ‘n realistiese en haalbare doelwit.
Plaas die klem op ‘n gesonde leefstyl en nie op diëte nie. Diëte is gewoonlik teenproduktief. Dit bring dikwels negatiewe skuldgevoelens, alewige “kan eet en kan nie eet nie” en die gevoel dat jy afgeskeep word.
Diëte is gewoonlik ‘n mislukking. Daarteenoor sal jy die gewensde langtermynvoordele van sinvolle leefstylaanpassings geniet. Hierdie aanpassings sluit in gesonde eetgewoontes, gereelde fisiese oefening en aanvaarding van die gewig wat jy deur ‘n gesonde leefwyse behaal.
Kommentaar
Marian
#3 Marian 2015-11-24 11:12
is die langtermyn plan vir prikkelbare kolon sindroom?
ek het onlangs uitgevind ek het dit en het nie ‘n idee wat om te eet nie. die dieet onder prikkelbare kolon sindroom by eetplanne wil nie oopmaak nie. kan jul mu dalk e-pos asb na marian.nolte@angeloamerican.com
baie dankie
Admin
#2 Admin 2015-08-10 20:29
Goeiedag Trudie, jy is baie wys as jy verstaan dat jy nie moet probeer om oornag alles af te skud nie. Al manier waarop jy jou gewig sal regkry is as jy vergeet van die gewigprobleem en eerder fokus op gesond leef en gesond eet.
As jy die langtermyn eetplan volg sal jy geleidelik gewig verloor en jou gewig sal vir solank jy so gesond eet, stabiel bly. Jy moet natuurlik ook die saak op gebalanseerde wyse aanpak deur seker te maak dat jy gereeld genoeg oefening kry.
Trudie
#1 Trudie 2015-08-10 11:41
Goeie dag, ek is so Bly ek het op julle blad afgekom. Ek moet 30 kg verloor. Ek begin met ‘n eetplan, verloor so ‘n paar kilogramme en hou Dan op vir een of ander rede. Ek wil graag weet of ek wel sal gewig verloor op die langtermyn Eetplan? Ek besef dat ek my lefty se moet verander en dat ek nie oornag sal maer word nie.
Baie dankie an groete,
Trudie Potgieter.