‘n Daaglikse eetplan

Die eerste twee weke

Hierdie gedeelte geld spesifiek vir gewigverlies. As jy net gesond wil eet, sonder om noodwendig te verslank, kan jy direk met die langtermyn eetplan begin.

Die langtermyn eetplan sal jou help om jou gewig stabiel te hou nadat jy verslank het tot by die gewensde vlak.

[Hoeveelhede vir mans in hakies]

* = 1 Porsie vrugte van 150g
1T = 1 eetlepel
1t = 1 teelepel

Ontbyt

Opsie 1: 

Vrugteslaai na die seisoen – 1 [1½] koppie
Vetvry natuurlike jogurt – 200ml
Heuning – 3 teelepels

Opsie 2:  

Vars vrugte na die seisoen – 1*
Gaar hawermout – 1 koppie
Heuning – 2 [3] t

Opsie 3: 

Vars vrugte na die seisoen -1*
2 [3] Rog brosbrode
1 Gekookte eier of 2 T laevet dikmelkkaas (Cottage cheese)

Middagete

Sportron Proteïnstafie of Sportron “Shake”
200ml Vetvry melk of vetvry natuurlike jogurt
Mengelslaai met groente uit Groep A
Vars vrugte na die seisoen – 1*

Aandete

Gekookte maer vleis 80g [100g] of Gekookte vellose hoender 80g [100g] of Gebraaide / gebakte vis 100g of Tuna in soutwater 100g [120g] of  Laevet dikmelkkaas 100g [120g]

Olyfolie 2t [3t]

Medium aartappel 150g [200g] of Gekookte bruinrys 150ml [200ml] of Gaar pasta 150ml [200ml]

Groot porsie groente / slaai uit Groep A

150ml Porsie groente / slaai uit Groep B

Groente Groep A [Groot porsies uit hierdie groep is in orde]

Aspersies, Babamurgpampoen, Eiervrug, Broccoli, Brusselse spruitjies, Kool, Blomkool, Seldery, Komkommer, Lemoenpampoentjies (gemsquash), Agurkies, Groenbone, Preie, Blaarslaai, Murgpampoen, Sampioene, Uie, Kolwyntjies, Soetrissies, Radyse, Spinasie, Gras-uitjies, Tamaties, Rape, Bronslaai [Watercress].

Groente Groep B [Beperk tot 150g per item per dag vir die eerste twee weke en daarna tot 120g per item per dag]

Beet, Botterskorsies (butternut), Wortels, Gemengde bevrore groente, “Hubbard Squash”, Witwortel, Ertjies, Pampoen.

Kommentaar

#4 Admin 2015-11-05 07:21

Leonore as jy “spastiese kolon” by die soekvenster intik sal jy vier artikels op die webwerf kry om jou te help met die bestuur van die toestand.

#3 Leonore 2015-10-16 20:45

kan u my help met ‘n dieet vir ‘n spastiese kolon asb.. ek is ongeveer 1.68 meter, skraal van nature, hoe oorerflike cholesterol en weeg tans +- 65 kg.. het die afgelope winter redelik vet aangesit rondom die heupe (love handels).. ek loop redelik baie by die werk, trappe op en af maar gaan ook van maandag af soggens begin stap.. die spastiese kolon kuil my BAIE op en ek kan omtrent niks eet nie.. was al by dr vir kolonoskopie en gastroskopie en als is in orde.. het baie jare terug ook mantelvliesbreu k operasie gehad. drink tans DS- 24 vitamine, Storwin 20 mg, somnil en premarin 0.625mg

#2 Admin 2014-08-03 19:42

Sansonette, jy kan met die daaglikse eetplan afskop en dan na twee weke oorgaan na die langtermyn eetplan.

#1 Sansonette 2014-07-20 21:37

Goeie Naand

Ek is tans ongeveer 12 tot 14 kilogram oorgewig. Met watter eetplan begin ek?