Hierdie program vir reiniging van die spysverteringskanaal behoort vir 10 dae gevolg te word:
Vloeistowwe:
1,5 tot 2,0 liter water, kruietee en rooibostee
Vermy koffie en gekarboniseerde koeldranke
Daaglikse Ontbyt:
- 300 gram vars vrugte na die seisoen (2-3 vrugtes)
- 175 ml natuurlike jogurt
- 10 ml heuning
Middagete:
- 100 gram maer proteïn: tuna/hoenderborsie/dikmelkkaas/2
- ekookte eiers (maksimum 6 eiers gedurende die 10 dae)
- 2 kraakbroodjies soos ryskoekies/dun koringbeskuitjies
- groot mengelslaai met groentes uit groep A
- 125 ml vars vrugtesap of 1 porsie vars vrugte na die seisoen
Aandete:
- 100 gram maer proteïn: rooivleis (maksimum 3 skeppe gedurende die 10 dae) / hoenderborsie / vis (gebak of gebraai)
- 10 ml rou olyfolie by voedselvoorbereiding of as slaaisous
- 1 medium (150 gram) gebakte aartappel of 200 ml (150 gram) gekookte bruin/wilde rys
- ‘n groot skep groente uit groep A: Lig gekook of as slaai
- 150 gram groente uit groep B: Lig gekook of as slaai
Groente / Slaaigroepe
Groente Groep A [Groot porsies uit hierdie groep is in orde]
[Groot porsies uit hierdie groep is in orde]
- Aspersies
- Babamurgpampoen
- Eiervrug
- Broccoli
- Brusselse spruitjies
- Kool
- Blomkool
- Seldery
- Komkommer
- Lemoenpampoentjies
- Agurkies
- Groenbone
- Preie
- Blaarslaai
- Murgpampoen
- Sampioene
- Uie
- Kolwyntjies
- Soetrissies
- Radyse
- Spinasie
- Gras-uitjies
- Tamaties
- Rape
- Bronslaai [Watercress].
Groente Groep B [Beperk tot 150g per item per dag]
- Beet
- Botterskorsies
- Wortels
- Gemengde groente
- “Hubbard Squash”
- Witwortel
- Ertjies
- Pampoen
Die gelyktydige gebruik van die uitsonderlike kruiekombinasie in Coloplex word sterk aanbeveel.
Kontak ons om meer inligting oor Coloplex aan te vra. Dui asseblief aan waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area.
“Each person carries his own doctor inside him. They come to us not knowing that truth. We are at our best when we give the doctor who resides in each patient a chance to go to work.”
~Dr. Albert Schweitzer (1875-1965)
Kommentaar
Admin
#6 Admin 2015-07-13 07:49
Corrie het jy al by ‘n dieetkundige probeer uitvind wat die rede is waarom jy nie groenblaargroen tes kan eet nie?
Corrie
#5 Corrie 2015-06-22 16:54
Hello,
Hoop dit gaan goed. Ek kan glad nie die groen blaar groentes eet nie, dan swel ek op soos ‘n ballon! So met wat vervang ‘n mens dit.
Admin
#4 Admin 2015-03-02 08:50
Engela help asseblief, wat is PDS?
Engela
#3 Engela 2015-03-02 08:08
Groente in Groep A is die items wat vvorgeskryf word om te vermy as jy PDS het. maar indie reiniging word dit voorgeskryf.
help asb
dankie
Admin
#2 Admin 2014-05-19 11:14
Renshia, vrugte na die seisoen beteken dit wat tans hier ryp word en beskikbaar is. Die eetplan vir die 10 dae is hierbo, die langtermyn eetplan is by die eetplanne.
Renshia
#1 Renshia 2014-05-19 07:24
Hello,
Ek het vandag begin met die 10 dag eetplan, ek het net n paar vraagies:
Wat beteken vrugte na die seisoen?
En het jul nie dalk n uitgewerkte dieet plan nie?