Spastiese Kolon / Prikkelbare Dermsindroom: Aangepaste Veseldieet

Prikkelbare Dermsindroom se oorsaak is feitlik altyd stres of trauma. Dit is waar herstel begin – dieet kan die pyn en ongemak help maar nie die probleem oplos nie.

Beginsels:

  • Om ‘n hoë inname van waterhoudende vesel te verseker
  • Om ru-vesel (soos hieronder aangedui) uit die dieet weg te laat
  • Om die vetinhoud van maaltye tot die minimum te beperk
  • Om voedsel en drinkgoed wat kaffeïen bevat te vermy
  • Om gerookte voedselsoorte te vermy
  • Om verskroeide kos te vermy

Ru-vesel in hierdie konteks is daardie gedeelte van die vesel wat onverteer bly en wat as “gruis” van ongeveer 2 mm of groter agterbly.

Ru-vesel (om te vermy) is:

  • Skille van alle voedselsoorte
  • Aarbeie, appelliefies, moerbeie, vye
  • Rosyne, sultanas, gemengde skil en alle droëvrugte
  • Skille en pitte van alle groentesoorte
  • Eiervrug, ertjies, tamaties, suikermielies, mielies
  • Pofkoring
  • Peule van alle peulvrugte, bv. gebakte bone
  • Kern van heelgraan
  • Kokosneut
  • Sade, bv. sesamesaad, sonneblomsaad, papawersaad ens.
  • Neute

Waterhoudende Vesel (wat jy nodig het) is:

  • Hawermout
  • Peule sonder doppe, bv. gesplete ertjies, lensies, soja
  • Fyngemaalde koringsemels, bv. semelvlokkies (bran flakes)

Volg die Reinigingsprogram vir die Spysverteringstelsel vir 10 dae. Gaan na Eetplanne / Reinig die spysverteringstelsel

Lees hier hoe om stres doeltreffend aan te spreek

Kommentaar

Earle
#4 Earle 2016-11-23 10:55
Goeie dag

Net asb hoor hoe kry ek die Spastiese Kolon / Prikkelbare Dermsindroom: Aangepaste Veseldieet
afgelaai, sukkel asl is ek ingeteken.

Susan Earle

Marian
#3 Marian 2015-11-24 11:05
ek kry hom ook nie oop nie en ek is lid.
kan jy asseblief vir my e-pos na marian.nolte@angloamerican.com

Baie dankie

Admin
#2 Admin 2014-11-06 08:07
Santa as jy ‘n geregistreerde gebruiker op die webwerf is behoort jy dit te kan aflaai. Laat my weet as jy nie regkom nie en stuur jou e-posadres.

Santa de Vries
#1 Santa de Vries 2014-11-04 20:54
Goeie naand

Hoe kry ek die Vesels dieet vir spastiese dikderm afgelaai?

baie dankie

Santa de Vries