Elimineer medikasie en stres of betaal die prys met lae immuniteit, migraine, hoofpyn
‘n Kliniese farmakoloog gesels oor die uitwerking van stres op ons gesondheid en welsyn. Hy wys onder andere daarop dat verskaffers van medikasie in werkliheid newe-effekte en dieetkundige tekorte versprei. Voorskrifmedikasie laat ook selde toe vir die feit dat elke unieke individu verskillend op dieselfde behandeling reageer.
“Jy is wat jy eet” kan eerder wees “Jy is wat jy nie elimineer nie.”
Vanaf ouderdom 38/39 ontwikkel bykans almal allergieë vir graan/gluten/suiwel. Die uitwerking hiervan word deur stressors soos besoedeling, oorlading, spertye, hitte, geldsake, ongesteldheid en veral gesinsverhoudings vererger.
Hierdie stressors dreineer die byniere, wat die liggaam se vermoë ondermyn om ‘n honderdtal siektes te weerstaan.
Ons moet leer om ons liggame so te bestuur dat die kop en hart op verantwoordelike en beheersde wyse saamwerk.
‘n Gereelde oefenprogram van slegs 11 minute se aërobiese oefening (loop, oefenfiets, swem) per dag, tesame met viermaal die arms lig en op die bene hurk is voldoende vir bo-40’s.
Cholesterolmedikasie lei na hormoonterapie, dan na antidepressante, dan bynier- en skildklierprobleme en dan na neurodegeneratiewe toestande soos Epstein Barr en Parkinson se siekte.
Die byniere kan met aanvullers, veral vit. B, beskerm en versterk word.
Allergieë en sinusprobleme se oorsprong lê byna sonder uitsondering by probleme in die spysverteringsisteem.
Stres en dag-tot-dag emosies, slaapargitektuur (apnee, pyn, kaffein), bloedsuikerbalans en inflammasie (suiker, brood en versuim om ná oefening te strek) loop saam en moet op gebalanseerde wyse beheer word
Migraine, hoofpyn en bloedarmoede
Migraine kan deur lae ystervlakke aangewakker word. Langdurige ystertekorte kan selfs lei na kroniese hoofpyn en bloedarmoede. Rooibloedseltekorte volg wanneer daar te min yster in die bloed is om haemoglobien te vorm. Haemoglobien vervoer suurstof oraloor in die liggaam vanaf die longe.
Al die verskeie soorte bloedarmoede wat bestaan hou verband met ‘n tekort aan rooibloedselle. Bloedarmoede weens ‘n ystertekort is egter die mees algemene vorm en vroue wat elke maand yster weens menstruasie verloor word dikwels so benadeel. Verlies van yster weens menstruasie kan dus bydra tot gereelde ‘menstruele hoofpyne’ wat dikwels aan hormonale veranderinge toegeskryf word.
Yster is dus ‘n belangrike mineraal om migraine en hoofpyn mee te behandel. Bloedarmoede weens ystertekorte lei na te min suurstof in die bloed. Die vermoë om suurstof oor te dra word benadeel en dit lei weer na vergrote bloedselle wat bloeddruk beïnvloed en na hoofpyne lei. Sommige volwassenes met laevlak ystertekorte kan sporadiese dowwe hoofpyne ervaar terwyl andere met erge tekorte kan ly aan intense en uiters pynlike hoofpyn wat gereeld voorkom.
Klik hier en besoek ons by Facebook. Dui asb daar aan as jy hou van wat jy sien.