Bid vir ‘n huwelik en ‘n gesin

Azolda vra vir voortdurende voorbidding vir haar huwelik en haar familie se gesondheid.

Sy vra dat die Here haar huwelik onder Sy kosbare bloed sal toevou en die gesin met twee kinders sal bewaar, beskerm en ryklik sal seen.

God is getrou en Sy Woord is waar. Hy belowe dat Hy elke gebed wat in ooreenstemming met Sy wil is en in die Naam van Jesus gebid word sal verhoor.(Joh. 16:23b en Filip. 4:19.) Ons weet dat die huwelik God se bousteen vir ‘n gesonde en stabiele gemeenskap is en daarom kan ons met vrymoedigheid bid en weet dat Azolda se huwelik voortaan geseend sal wees.

Mag baie meer huweliksmaats sulke versoeke rig en mag baie intersessors na vore kom om die huwelike in Suid-Afrika en oraloor aan die Here op te dra.

Kommentaar

#5 Nick 2015-06-02 14:23

Hi Alletta,

Ek bid saam met jou vir jul huwelik en gesin. Die Here sal antwoord gee.

My huwelik gaan ook op hierdie stadium deur n donker put.

Graag sal n gebedversoek vir ons ook waardeer word.

Groete

#4 Admin 2015-02-19 07:25

Alletta, ‘n Woord vir jou:
2 Kron 16:9 – U het U oë oral op die aarde om die te help wat met hulle hele hart op U vertrou.

#3 Alletta 2015-02-18 07:50

More
Ek vra asb gebed vir my seun Pieter hy is nou in matriek en wil daarna biochemist gaan studeer. Ek vra God se seen op sy lewe en dat hy sal onderskeidings kry in al sy vakke en dit moontlik sal wees om te gaan leer wat hy wil. Hy doen goed en is op die tp tien. Ook vir my dogter Chantel en Charmone dat hul suksesvol sal wees in hul werk en God hul sal seen buitengewoon en ekstraordiner
Baie dankie

#2 Admin 2015-01-27 21:32

Alletta, jy ervaar reeds die waarheid van Sy belofte: vra en vir julle sal gegee word – Matteus 7:7. Ons vertrou Hom vir volkome versoening in jou aspirant gesin en dat julle sal voortgaan om te groei in Sy waarheid en vrede.

#1 Alletta 2015-01-26 09:52

More
Ek wil graag n gebedversoek rig vir my familie eks nie getrou nie net verloof en ekt twee kinders uit my vorige huwelik. My seun en my verloofde praat nie met mekaar nie en al wat ek wil he is n gelukkige gesin wat kan saam lag en dinge saam doen wat nie nou gebeur oor hul twee nie praat nie. Ek vra dat jul asb bid vir versoening vir hulle en dat God my huis sal seen met almal daarin, ek weet Hy doen dit reeds want baie dinge het al verander. Prys Hom!!!
Baie dankie