Gewigverlies: God het die antwoord

Hierdie gebedsversoek is op 14 Januarie ontvang:

Oom Jan, baie dankie vir al die wonderlike nuusbriewe.

Die jaar gaan ek gewig verloor met God aan my sy, sonder enige verslank middels. Dit werk nie altyd en kos net geld.

Kan u my op die gebedlys plaas.

‘n Geseënde dag!

Jannet

 

Op 21 Januarie skryf Jannet soos volg:

Banie dankie, maar eers moet ek die wonderlike nuus vertel, dit is as of ek nie meer baie kan eet nie. Ek het al amper 3kg verloor! Ek glo vas met God aan my sy sal ek oorwin.

Alle eer aan die Here wat getrou is aan Sy woord. Alles wat ons in Sy naam vra sal Hy vir ons gee! Joh. 16:23b.