Gelatienresep vir seer rug en gewrigte

Resep vir rugpyn en seer gewrigte

Koop eetbare gelatien by enige supermark (150 gram is genoeg vir ‘n maand se behandeling.)

Voeg in die aand 5 g gelatien (twee gelykvol teelepels) by ‘n kwart koppie koue water uit die yskas.

Meng deeglik en laat staan oornag (buite die yskas.)

Die gelatien sal oornag swel en jellie vorm.

Drink die mengsel in die oggend op ‘n leë maag.

Jy kan sap of water byvoeg, die mengsel met jogurt of suur melk meng of dit op enige ander manier inneem wat jou pas.

Daar word beweer dat mense met seer gewrigte, rug- of nekpyn, ens. na ‘n week verligting ervaar. Behandeling behoort egter vir ‘n maand lank voortgesit te word en na ses maande herhaal te word.

Die proses herstel “smering” van die gewrigte. Aangesien alles in die liggaam interafhanklik is, hang die normale funksionering van talle organe af van gesonde gewrigte met die gevolg dat voordele verder kan strek as net die skelet en gewrigte.

Waarom is Gelatien so Voordelig vir die gewrigte?

Gelatien is van dierlike oorsprong. Die suiwerste vorm daarvan is kollageen, wat bekom word deur die bindweefsel uit die sening, been en kraakbeen van groot diere met horings te prosesseer. Dit bevat twee aminosure, prolien en hidrosiprolin, wat ‘n positiewe impak op die herstel van bindweefsel uitoefen. Gelatien het die vermoë om die groei en omvang van bindweefsel te verbeter, wat baie belangrik is wanneer ons met siek gewrigte te doen het.

Gelatien is ‘n nuttige produk met uitstaande eienskappe vir die verbetering van gesondheid:

  • dit versterk die gewrigte en hartspier

  • dit verbeter metabolisme

  • dit verhoog verstandelike vermoë

  • dit handhaaf ‘n gesonde veltoestand

  • dit verskaf elastisiteit en sterkte aan die spiere en ligamente

  • dit voorkom die ontwikkeling van osteoporose en osteo-artritis

  • dit lei na verbeterde groei en struktuur van hare en naels

  • dit is onvervangbaar by die bekamping van dysplasie (abnormale ontwikkeling of veandering in die grootte, vorm en rangskikking van volwasse selle.)

Persone wat ongemak in die ruggraat of nek ervaar as gevolg van baie ure by rekenaars, getuig van groot verligting.

 

 

 

 

You may also like...