Beloftes en Geloftes maak skuld

Geloftedag, 16 Desember is welbekend. Minder bekend is die feit dat die Afrikanervolk ‘n tweede gelofte aan die Here afgelê het. 

Die eerste vryheidsoorlog het op 16 Desember 1880 begin en het gelei tot die tweede gellofte.   Die regering van die ZAR het die volgende proklamasie op 31 Mei 1882 uitgereik: “Volksraadbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882. Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in ’t vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.”

Hierdie besluit is geneem na aanleiding van die slag van Majuba.

Op 27 Februarie 1881 verslaan die magte van die ZAR onder aanvoering van generaal Piet Joubert die Britse mag onder aanvoering van generaal sir George P Colley.

Hierdie oorwinning deur die Boeremag was militêr gesproke ‘n WONDERWERK, en die laaste van ‘n reeks veldslae in die guns van die ZAR. Vir die handjievol boere was dit die antwoord op hul gebede, asook die bekragtiging van die voorafgaande gelofte wat hulle tydens die Volksvergadering van 8 tot 15 Desember 1880 te Paardekraal afgelê het.

Die profeet Hosea het uitgeroep en gesê: My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis (Hos.4:6).  Ons hemelse Vader het gesê dat hy die werke van ons hande sal verwoes as ons nie ons geloftes betaal nie (Deut.23:21-23, Prediker 5:3-5). Psalm 50:14-15: “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”

Kontak ons vir meer inligting oor hierdie belangrike stukkie geskiedenis uit ons Volksverlede en oorweeg dit om te help om dit verder bekend te maak. 

 

Om aan ‘n kerkdenominasie te behoort of kerkdienste by te woon maak van jou net so min ‘n christen as wat dit jou ‘n motorkar maak as jy in ‘n motorhuis staan.

You may also like...