Genesende warm water
DIE WARMBRON VAN ’N CHIRURG
Dr. Seki Akira beoefen geneeskunde by die Shuzenji warmbron wat hy in 1977 geopen het. Hy kombineer Westerse geneesmiddels met tradisionele spa terapie.
“Ek het meer as 20 jaar gelede hier aangekom en was nog nie een dag siek nie” sê hy. “Ek is oortuig dat my goeie gesondheid te danke is aan die genesende eienskappe van die warmbron waarin ek baai. Ek glo die bron kan vir die voorkoming van siekte gebruik word, daarom het ek hierdie geneeskundige spa begin.”
Hy bied nege verskillende poele aan. Daar is byvoorbeeld ’n kruie sauna en ’n buitelug poel waar baaiers deur die water kan loop. Talle mense kom met die vooruitsig om die gemoed te ontspan en liggaam te genees.
“Ons weet dat koolstofhoudende gas wat deur die bron vrygestel word bloedsomloop verbeter, maar baie van die ander voordele moet nog wetenskaplik verstaan word,” verduidelik dr. Akira. “Die sielkundige verligting wat jy ervaar by ’n warmbron kry deesdae baie aandag en ek bied ’n moderne weergawe van die geneeskundige bad aan.”
Bron: Nipponia, 2008-05-05
Die ontspanning en mate van vrede wat jy by warmbronne ontvang kan nie met die bonatuurlike vrede van Jesus vergelyk word nie.
Dit sê ek vir julle sodat julle vrede kan vind in My
(Joh. 16:33 OAV).
Met erkenning aan Neil Verwey, Japansending
‘n Heerlike, Goedkoop Warmbron in jou eie Huis…
Geniet al die versterkende en uitwasemende voedingstowwe wat uitdroging van die vel verhoed, algemene velgesondheid bevorder en ‘n moeë liggaam verfris in jou eie bad of spa teen minder as R1,50 per bad.
Kontak jan@verslank.net om hierdie luukse kombinasie van Roosmaryn, Gousblom, “Jojoba”, Avocado en Seegras ekstrakte te bestel.