Getroue vierbeenvriende
Ons beste, mees getroue vierbeenvriende
Hoe goed onthou ek nog my eerste hond. Ek was skaars drie jaar oud en die pragtige dobermann pinscher wie se eienaar oorsee moes gaan se naam was “Colonel” (sy eerste eienaar was ooglopend Engelssprekend) en tot die dag van sy dood was hy my getroue beskermer, speelmaat en vriend deur dik en dun.
Oubaas se honne word nie verniet in Engels as “man’s best friend” bestempel nie. Benewens waardevolle wagdiens, is hulle goeie geselskap, grappige speelmaats en bomenslik getrou aan hulle eienaars.
Aangesien ‘n hondelewe slegs ongeveer 10% van dié van ‘n mens is, was ek sedertdien deur die jare die eienaar van talle opvolgers vir Colonel.
Rugprobleme
Etlike van hierdie getroue vriende van my, veral die groot rasse soos boerboele en die dobermanns het rug- en heupprobleme ontwikkel.
Toe die probleem van laerug pyn vir die eerste keer by ‘n hond van my (‘n groot boerboel, Rimpels) opduik, het ek die veearts geraadpleeg. Sy diagnose was dat daar een van twee moontlike oorsake was. Hy sou moes x-straalplate neem om vas te stel welke een van die twee. In die een geval sou sjirurgie kon help, maar in die tweede geval sou hy niks aan die saak kon doen nie.
Met die aansienlike kostes van x-straal plate, sjirurgie, hospitalisasie ens. en boonop swak prognose in gedagte, het ons besluit om eers iets anders te probeer. Ons het elke dag vir Rimpels ‘n kwart mens-dosis A-Tron gegee.
Binne ‘n week het sy positief gereageer en ‘n maand later was Rimpels haar ou spelerige self. ‘n Jaar of twee later het sy weer stadig agteruitgegaan. Toe het ons die dosis verdubbel en weer het sy sodanig herstel dat sy vir nog ‘n jaar of twee ‘n normale lewe kon lei. Daarna het sy uiteindelik weer agteruitgegaan en kon ons haar met ‘n volledige mens-dosis vir nog ‘n jaar of wat aan die gang hou. Toe ons haar uiteindelik moes laat uitsit, was dit ruim 4-5 jaar later, wat in hondejare ‘n aansienlike tyd is. Die paar Rande wat ons op die A-tron bestee het was vir Rimpels en vir ons deur en deur die moeite werd.