Goedbedoelde raad kan immuniteit beskadig
Homeostase van jou liggaamsvloeistowwe impliseer goeie immuniteit. So beskerm jou liggaam homself teen indringers, hetsy bakterieë of virusse. Suurvorming dui op afgetakelde immuniteit wat dikwels lei tot ‘n behoefte aan medikasie. Gereelde gebruik van medikasie kan egter lei tot twee probleme:
Eerstens neem newe-effekte toe.
Tweedens neig virusse en bakterieë wat gereeld aan medikasie blootgestel word om weerstandigheid op te bou. Dit beteken dat hierdie organismes binne-in jou liggaam mutasie ondergaan wat hulle weerstandig teen medikasie maak.
Weerstandigheid: Wat hou dit vir jou in?
Die afgelope tyd berig die nuus gereeld oor:
cholera-uitbrake
‘n dodelike, weerstandige mutasie van TB
nuwe weerstandige MI (VIGS) virusse
‘n agressiewe verkouebakterie wat slegs op een tipe antibiotika reageer, teen byna R700 vir ‘n kursus!
Weerstandigheid impliseer dat ‘n bepaalde virus of bakterie nie meer effektief met die beskikbare medikasie behandel kan word nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer iemand nie hulle medikasie soos klokslag geneem het nie en/of nie ‘n kursus voltooi het nie.
Die indringer waarvoor die person behandel word, kry deur die onderbreking die geleentheid om sy vorm of gedrag so te verander (te muteer) dat dit die betrokke medikasie kan omseil of weerstaan.
Wanneer ek en jy geinfekteer word deur so ‘n weerstandige kiem wat iemand anders gekweek het, dan help die beskikbare medikasie nie meer vir ons nie.
Hierdie patroon herhaal homself daagliks wêreldwyd waar virusse en bakterieë met medikasie behandel word.
Die farmaseutiese bedryf ontwikkel gevolglik deurentyd nuwe, sterker en duurder medikasie vir die gemuteerde indringers. So word ‘n bose kringloop herhaal waarin “verbeterde” weergawes van die supergoggas in elke siklus gekweek word.
Wanneer gaan hierdie ontstellende en gevaarlike kringloop ophou?
Dit sal slegs gebeur wanneer ek en jy die feite versprei, mekaar aanmoedig om iets daaraan te doen en mekaar ook help om die mees doeltreffende alternatiewe oplossings te vind.
Wat kan ons doen?
Min virusse of bakterieë is bestand teen of kan weerstand opbou teen die Godgegewe immuniteitsisteem van die liggaam. Ons eerste logiese verdedigingslinie is dus ‘n sterk immuniteitsisteem.
Dit is ook die veiligste uitweg, sonder enige newe-effekte. Gewoonlik is dit ook, veral in die langtermyn, die goedkoopste opsie.
Sedert die jaar 2 000 is daar sterker middels beskikbaar vir die opbou van die immuniteitsisteem as ooit vantevore in die aangetekende geskiedenis van die mensdom. Hierdie kragtige voedingstowwe is ontwikkel na navorsing wat oor generasies gestrek het.
Die ontluikende wetenskap van kliniese dieetkunde bied opwindende vooruitsigte en die wetenskaplike grondslag is bo verdenking.
Belangrike Voedingstowwe
Die belangrikste voedingstowwe wat jou liggaam help om homeostase te handhaaf of te herstel en so sy immuniteit op te bou, is opgesluit in voedselvorm kalsium. Dit, tesame met die nodige ko-faktore vir goeie opname en benutting.
Tweedens ‘n breë verskeidenheid (minstens 5 tot 8 skeppe per dag) van vars, organies-gekweekte groente en vrugte. Die vangplek is egter dat, benewens die organiese vereiste, die grond waarin die gewasse gekweek word ryk moet wees aan al die nutriënte wat benodig word. Dit is deesdae byna onmoontlik om te bewerkstellig. Byvoorbeeld, Suid-Afrikaanse grond is in die algemeen arm aan die belangrike immuniteibouende mineraal, selenium.
Dit is uiteindelik baie makliker, goedkoper en meer doeltreffend om goeie gehalte, voedselvorm aanvullers te gebruik. Jy kan jou vordering na homeostase monitor en die verandering deur middel van ‘n pH toetsstel met jou eie oë waarneem.
Doen by jou apteek of gesondheidswinkel navraag oor pH toetsstelle.
Aanbevole immuniteitbouende produkte
1. Infa – nuttige kruiedruppels wat blitsig werk teen alle vorms van infeksie. Kan inwendig sowel as uitwendig gebruik word.
2. Ambrotose van Mannatech: https://za.mannatech.com/?account=4287254
Aanhaling: All bodies are slow in growth but rapid in decay.
Outeur: Publius Cornelius Tacitus 55-117 AD, Romeinse Geskiedskrywer