Sorg goed vir jou hart

Selfsorg vir jou liggaam – DIE HART

Kongestiewe hartversaking (CHF) is die voorste rede vir hospitalisasie onder die bo-65’s. Na diagnose van CHF, het een uit elke vyf CHF pasiënte net ‘n jaar om te leef; die helfte van nuut-gediagnoseerde CHF pasiënte het net vyf jaar. Die grootste bydraende oorsake vir hartversaking is egter omkeerbaar.

Benewens genetiese vatbaarheid, is daar verskeie omkeerbare gesondheidstoestande wat ook CHF kan veroorsaak:

Emosionele nood

Woede kan lei na abnormale hartritme en ‘n skielike hartaanval. Vyandige ingesteldheid kan gevaarliker wees as hoë bloeddruk, hoë cholesterol, en rook.

Hooploosheid is gedokumenteer as ‘n baie voorspelbare faktor wat veral onder vroue sterftes kan veroorsaak.

Emosionele balans beskerm die hart en verleng die lewe.

Ander probleemareas sluit in:
Langtermyn hoë bloeddruk
Vorige hartaanval
Hipertensie
Hartklepversteurings
Chroniese longsiekte
Bloedarmoede
Verfynde suiker
Gehidrogeneerde olies en trans-vette
Diabetes
Vetsug
Obstruktiewe slaapapnee
Chemoterapie-middels
Alkoholmisbruik
Lae testosteroonvlakke
Oksidatiewe stres: swaarmetaalblootstelling, sigaretrook, bestraling, elektromagnetiese frekwensies van selfone, televisies, mikrogolfoonde, skootrekenaars, haardroërs, ens.
Plaagdoders en onkruiddoders in vleis, groente en vrugte
Hormone en antibiotika
Voorskrifmedikasie
Hoë allergeen voedsel soos koring, mielies, en suiwelprodukte
Suurvormende dieet
Leefstylgewoontes soos rook, min oefening, oormatige soutinname

Die belangrikste positiewe faktor is goeie hoop en positiewe toekomsdrome. Daarsonder verloor ons ons doel, lewensvreugde, gesondheid en lewe.

Dieet

Voedsel wat hoë konsentrasies voedingstowwe bevat, meestal vars, rou groente en vrugte, werk inflammasie teë.
Vleis uit onbesoedelde bronne en rou suiwelprodukte is baie meer voedsaam as verwerkte voedsel.
Meer as 50% van alles wat jy eet moet rou voedsel wees.
Vermy verfynde suiker, trans-vette en verwerkte voedsel. Volgraan is uitstekend (tensy jy gluten-onverdraagsaam is), maar daar is etlike probleme met moderne koring.

Oefening

Oefening keer CHF om. Tai chi plus uithou-oefening en joga verminder edeem en depressie en verbeter die lewenskwaliteit van pasiënte met CHF.

Die sleutel is stresvermindering. Daaglikse matige oefening terwyl jy fokus op wat jy geniet verlig stres. Luister na strelende musiek en konsentreer op gevoelens van selfvertroue en vrede.

Aanvullers

Dit het in die moderne samelewing byna onmoontlik geword om voldoende hoeveelhede van die wye verskeidenheid vitamines, minerale, anti-oksidante en ander voedingstowwe wat die liggaam daagliks benodig, deur dit wat ons eet te kry. 

Ten spyte van wonderlike aansprake bied aanvullers wat kommersieël bekombaar is selde voldoende hoeveelhede, hoë opneembaarheid en goeie kombinasies. Soek na tegnologie genaamd “Phytocology” en “Foodstate®” as jy seker wil maak dat jy nie jou geld mors en jou voedingstowwe in die toilet afspoel nie. 

Hormoonterapie

Hormoontekorte moet reggestel word. Testosteroon, kortisol en skildklierhormone is die belangrikstes. Probeer egter om medikasie te vermy en om weer eens met goeie kombinasies van hoë gehalte voedingstowwe te werk. Dan is jy vry van newe-effekte en bemagtig jy jou liggaam optimaal om homself gesond te hou. 

Met erkenning aan Dr Marius: http://drmarius.net/

You may also like...