Heling en Genesing: Neem self verantwoordelikheid, daar is niemand met ‘n groter belang daarby as jy self nie

Heling en Genesing: Neem self verantwoordelikheid, daar is niemand met ‘n groter belang daarby as jy self nie

Geen dokter, homeopaat, toordokter, sielkundige, berader, medikasie of ander buite-invloed kan heling of genesing in jou liggaam, hetsy fisies, geestelik of emosioneel, bewerk nie. Boonop het jy meer belang daarby en is jy baie meer betrokke by die resultate as wat hulle ooit sal kan wees.

Kry waarheid oor die vals oortuiging dat jou gesondheid of genesing meer van enigiets of -iemand anders as van jouself afhang of dat iemand of iets anders meer daaraan kan doen as wat jy self kan doen.

Ons liggame is geskape met die inherente vermoë om self gesond te bly, hulself te genees en skade te herstel. Dieet, oefening, ingesteldheid en ander leefstylgewoontes kan aangeleer word. Andere kan wel help met raad hieroor, maar die resultaat hang 100% af van wat jy daaraan doen.

Kennis en tegnieke

In die afgelope paar dekades het kennis en insig eksponensieel toegeneem oor hoe wonderlik die menslike liggaam aanmekaargeweef is. Soos wat ons meer hieroor leer, ontstaan nuwe tegnieke sowel as alternatiewe hulpmiddels op die terreine van tradisionele en ook alternatiewe geneeskunde.

Die mees ingrypende nuwe ontwikkelings het waarskynlik op die terreine van dieetkunde (bv. Mikrovoeding), oefening (bv. Pilates), Geestelike vernuwing (bv. Transformasiegebed) en stimulering (bv. Body Stress Release) plaasgevind.

Body Stress Release

Body Stress Release (BSR) of liggaamstresontlading gaan daaroor dat die liggaam opdrag van die brein moet ontvang om skade te herstel en ongesteldheid te genees. As geen opdrag gekommunikeer word nie, kan die natuurlike herstel- of genesingsproses nie plaasvind nie.

Opdragte vanaf die brein kan op verskeie maniere ontwrig word, bv.

  • wanneer pyn wat deur ‘n besering veroorsaak word so erg is dat die brein jou beskerm deur die pyn te blokkeer

  • wanneer onnatuurlike ingrype soos sjirurgie plaasvind

  • stresoorlading wat veroorsaak dat die liggaam homself beskerm deurdat die spiere rondom die betrokke gedeelte “sluit”.

Sulke ontwrigting van kommunikasie lei dikwels daartoe dat die liggaam nie die skade/beserings kan herstel nie want hy “weet” nie daarvan nie. Die regte stimulasie is nodig sodat die brein die nodige opdragte kan deurstuur. Dit is wat deur BSR paktisyns nagestreef word – om die versperrings uit die weg te ruim sodat die liggaam kan doen wat hy geskep is om te doen: om skade en beserings te identifiseer en te herstel. Die stimulering word deur ligte aanraking en sagte drukke met die hande gedoen.

BSR praktisyns word nie net geleer hoe om stimulasie te bewerk nie, maar ook hoe om sensitief te wees vir die liggaam se voor- en afkeure. Soms is dit nodig om bepaalde probleemareas te vermy en om op ander areas te konsentreer. Die liggaam moet gewoond raak aan die stimulasie voordat hy dit in bepaalde sensitiewe areas sal toelaat. Soms sal die herstelproses vanaf aanliggende areas na die “verbode” areas oorspoel en soms sal die verbode areas later toeganklik word.

Vanweë die uniekheid en verskeidenheid van mense, reageer almal nie dieselde nie. Derhalwe is dit nie moontlik om vooraf te bepaal hoe of wanneer enigiemand se liggaam op stresontlading sal reageer nie. Dit is egter belangrik om kennis te neem dat jou liggaam spanninge kan opbou wat jou lewenskwaliteit en herstelprosesse kan benadeel. Hierdie spanninge kan met die regte aandag ontlaai word.

You may also like...