Hou jou brein gesond met gesonde verstand

Wat is beter: ‘n ou brein of ‘n jong brein?

‘n Brein kan op jeugdige ouderdom beskadig of vernietig word. Dit kan egter ook na baie dekades, op hoë ouderdom steeds goed werk. Dit hang grootliks af van hoedat jy dit oor die langtermyn hanteer.

Die brein is die liggaam se neurologiese kern, maar die onsigbare netwerk van die psige of intellek strek heelwat verder. Dit is ‘n onsigbare netwerk van senuweeselle in die brein, die kolon en die hart sowel as alle aspekte van bewussyn en energie wat in elke sel in die liggaam teenwoordig is.

Benewens ouderdom, word die brein deur stres, negatiewe emosies, blootstelling aan omgewingsfaktore, swak dieet en gebrek aan spesifieke nutriënte benadeel.

Miëlien kan met die insulasie rondom elektriese drade vergelyk word. Waar die insulasie verslete raak of breek, belemmer dit die geleiding van elektrisiteit. Miëlien beskerm jou senuwees, sodat seine nie verdraai of verkeerd gelei word nie en jy beter kan onthou.

Angstigheid word teengewerk deur die gereelde inname van tradisioneel-gegiste kossoorte, ryk aan nuttige bakterieë of deur gereeld ‘n goeie probiotika-aanvuller te neem. Gepasteuriseerde voedsel werk nie omdat die proses die bakterieë vernietig. Neem ook genoeg hoëgehalte omega-3 vette soos krilolie.

Aan die ander kant moet suiker, verfynde grane en geprosesserde kos en die neem van antibiotikas vermy word.

Swaarmetale en gifstowwe soos lood, kwik, aluminium, arseen, en plaagdoders vergiftig die brein en versnel verstandelike agteruitgang. Sulke skade begin jare voordat jy enigiets agterkom.

Hou jou brein skerp

Ouderdom hoef nie met afname in breinfunksie gepaard te gaan nie, mits jy drie dinge doen:

1. Oefen gereeld, veral jou brein. Leer nuwe vaardighede aan, wees kreatief in die stimulering van jou brein.

2. Leer om emosionele en verstandelike stres te vermy deur ontspanning en vertroue in jou Skepper. 3. Vermy giftige en skadelike kossoorte. Eet baie vis, bessies, eiers, suiwel en sekere neute soos amandels, okkerneute, haselneute, vitamine E, gefiltreerde water, phosphatidylserine (PS), choline, omega-3 olies, DHA en EPA, anti-oksidante.

Met erkenning aan Dr Marius. Klik hier vir meer inligting.

Besoek ons blad oor Gesondheid en Lewenskwaliteit by https://www.facebook.com/gesond.verslank/

 

You may also like...