Hulp vir asma en mangelprobleme
Mangels, asma en ‘n spesiale aanbod
In my kleintyd, toe ek so 5 jaar oud was, het my moeder uit radeloosheid ons huisdokter geraadpleeg na aanhoudende gesukkel met my knaende mangelinfeksies . Die dokter se kommentaar was dat my mangels “vrot” was. Hy het beweer die mangels is onherstelbaar beskadig en het as’t ware daarop aangedring dat hulle onmiddellik verwyder moes word.
My wyse vader het my onder hande geneem en my aanvanklik ongeveer elke uur ‘n teelepel knoffelstroop laat drink. Die stroop was (en is vandag nog) vir my lekker om te drink. ‘n Paar maande later was my mangels gesond en 63 jaar later sit my mangels steeds; hulle pla my glad nie maar ek weet steeds nie presies wat hulle daar doen nie! Al wat ek wel weet is dat ons Hemelse Vader hulle nie daar sou gesit het as daar nie ‘n doel met hulle was nie.
Sedertdien het ek oor dekades heen vir baie mense vertel van die knoffelstroopresep. Ek weet nie van een enkele geval waar die stroop nie ‘n radikale verskil aan bedenklike mangels gemaak het nie. Asmalyers vind ook baie baat by die gebruik van die stroop.
Die resep van die Asma/Mangel knoffelstroop
2 koppies water
1 koppie asyn
3/4 koppie knoffelhuisies
Sny of kneus die knoffelhuisies om vrylating van inhoud te vergemaklik, en voeg by water en asyn.
Kook alles saam todat totdat 2 koppies vloeistof oorbly.
Voeg 1 eetlepel heuning by, of na smaak.
Hou in die koelkas en neem een teelepelvol elke uur as die geval ernstig is. Verminder deur tussenposes te verleng namate beterskap intree.
Voorkomend: Neem een teelepelvol een- of tweemaal per dag.
Lag ‘n slag
Lig beweeg vinniger as klank…daarom lyk sommige mense baie slim totdat jy hulle hoor praat.