Hulp vir rugprobleme

‘n Skibootongeluk tref my

 

Tydens my twintigerjare het ek my lewe langs die Mosambiekse viswaters in die hande van ‘n bedenklike skibootoperateur gewaag. Toe ek by geleentheid tussen die branders voor in die boot in die lug opgeskiet word en afkom terwyl die boot se boeg weer in die volgende golf opskiet, het die skok my rugwerwels van my stuitjie tot by my nek deurmekaargeruk.

Sedert daardie tyd het ‘n seer rug en ‘n stywe nek my baie aktiewe lewe erg in die wiele gery. Die onderwerp van sjirurgie is van tyd tot tyd geopper, maar ek was vasbeslote dat dit die allerlaaste, desperate opsie sou wees. Met die regte oefeninge kon ek die probleem vir meer as 20 jaar tot ‘n mate onder beheer hou, totdat ek en my gesin in Julie 1989 met ons 4×4 teen Sanipas uitgery het.

Toe ons daardie dag oppad terug teen die pas afry het ek gevoel dat iets in my rug nie lekker is nie. Die aand, terug by die huis in Empangeni, het ek op die rusbank gaan lê. Toe ek ‘n uur later probeer opstaan, kon ek nie beweeg nie. My pyndrumpel is hoog – ek sit gewoonlik deur die boorproses by die tandarts sonder verdowing, maar daardie aand het ek iets anders beleef. Die pyn was oorweldigend en dit het my met behulp van die gesin ‘n lang tyd geneem om in die slaapkamer te kom.


My laaste opsie – ‘n Rugoperasie

Daar en dan het ek besluit om ‘n ortopeed se raad te vra. Die diagnose was dat my L5 werwel besig was om uit te skuif en indien dit gebeur kon dit my permanent verlam. Met min opsies en ‘n goeie prognose het ek besluit op sjirurgie. Die L5 werwel is aan S1 vasge“sweis.”

Die operasie was ‘n groot sukses, maar toe ek die spesialis na my laaste opvolgbesoek groet, was sy afskeidswoorde dat wanneer (nie indien nie, wanneer) die volgende vlak gedoen moet word, ek hom weer moet kom sien. Dit was vir my ‘n skok om te hoor dat dit nie die einde is nie, maar slegs die begin van ‘n lang pad. Volgens sy evaluering en afhangend van hoe ek my gedra (hy het sterk aanbeveel dat ek my 4×4 verkoop en afsien van my wanderlust), sou die L4/L5 binne ongeveer 4-5 jaar gedoen moes word en daarna L3/L4, L2/L3 ens. totdat my hele rug so styf soos ‘n laaistok staan.

Dit was nie goeie nuus nie. Ons wou nog baie plekke as gesin besoek, nie beskaafde plekke nie, plekke waar jy net met ‘n 4×4 kan uitkom. In desperaatheid het ek vir ‘n tweede mening by ‘n vriend wat ook ‘n ortopeed is aangeklop. My vriend sal mos vir my goeie nuus bring! Helaas, sy mening het ooreengestem met die een wat ek reeds gehad het. Vier jaar later, in 1993, het die gevreesde simptome weer begin totdat ek weer eens by die stadium gekom het waar oefening nie meer help nie.


‘n Onverwagse oplossing

In Julie 1993 het ek by ‘n Internasionale gesondheidsmaatskappy by name Sportron aangesluit en teen die einde van daardie jaar neem ek ‘n vriend wat rolstoelgebonde was as gevolg van artritis na ‘n aanbieding oor die produkte deur my vriend Lion Pienaar in Pretoria.

Lion het aanbeveel dat hy ‘n produk wat die skeletsisteem opbou, by name A-Tron tesame met die kragtige algemene aanvuller, Ultragard moet probeer. Groot was my verbasing toe hy binne ‘n week laat weet dat hy uit sy rolstoel is en vry is van pyn. Ek besluit toe daar en dan om te kyk wat dieselfde produkte vir my rug kan doen.

Tot my groot vreugde (en verdere verbasing!) het die pyn en ongemak begin afneem, sodat ek binne drie maande kon ophou om anti-inflammatoriese produkte te gebruik. Na ongeveer ses maande was die pyn en ongemak iets van die verlede.

Dit is nou meer as 20 jaar later en my rug is gesond. Ons het voortgegaan met 4×4 vakansies, ek het met my seuns saam begin gholf speel, my lewe was weer terug na normaal. Ek het nooit weer gedink aan verdere sjirurgie nie. Boonop was my rolstoel-vriend tot die dag van sy dood in 2014 vry van artritis.


Vind self meer uit

Sedert daardie tyd het ek talle ander mense met soortgelyke probleme hiervan vertel. Almal wat dieselfde oplossing probeer het, het ook dramatiese verligting ervaar.

Hier is die kontakbesonderhede van twee van hierdie vriende.

Toe ek by hulle uitgekom het, het hulle altwee reeds besluit om sjirurgie te ondergaan.  In die geval van Bobby was die operasiedatum reeds bespreek.

Neem gerus die vrymoedigheid om self met hulle te gesels. Ek het hulle toestemming hiervoor, so jou oproep sal nie onverwags wees nie en hulle sal jou graag help:

Bobby Simmonds van Munster, 039 319 1721 of 083 236 6872.

Bets Moolman van Richardsbaai, 035 753 1705 of 083 449 7799.  

Hand. 4:30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.


Doelwit

Die Gesondheidsgesin by www.verslank.net bevorder ‘n gebalanseerde leefstyl as die sleutel tot goeie gesondheid, ‘n aantreklike liggaam wat nie oorgewig of ondergewig is nie, ‘n sinvolle, stresvrye verhoudingslewe en goeie lewenskwaliteit.

Vind meer uit deur al die verskillende kategorieë nuusbriewe op die webwerf te lees.

You may also like...