Is Inentings Werklik Nodig en Veilig?
Inentings – dink vir jouself, veral wanneer dit jou kinders raak
Dit lyk asof daar konfik bestaan tussen die Verenigde Koninkryk se Gesamentlike Komitee vir Inenting en Immunisering (JCVI) se inentingsbeleid en hul Gedragskode.
Hier volg ‘n oorsig van ‘n artikel deur Lucija Tomljenovic, PhD van die “Neural Dynamics Research Group, Dept. of Ophthalmology and Visual Sciences”, Universiteit van Brits Kolombië, Vancouver.
Alle farmaseutiese medikasie stel jou bloot aan risikos verbonde aan negatiewe reaksie. Entstowwe is geen uitsondering nie.
Die leidinggewende regulerende owerheid, die Food and Drug Administration (FDA) in die VSA, beskou entstowwe as ‘n spesiale kategorie van medikasie wat vir gesonde mense gegee word om siekte te verhoed waaraan hulle dalk nooit blootgestel sal word nie. Dit plaas baie klem op die belangrikheid van entstof-veiligheid.
Regulerende owerhede wêreldwyd moet verseker dat nuwe entstowwe aan behoorlike wetenskaplike evaluering onderwerp word voordat hulle goedgekeur word. Die mediese professie behoort slegs entstowwe wat statisties as veilig en doeltreffend bewys is, te bevorder.
Aangesien inenting mediese ingryping behels, verg dit ook die heelhartige instemming van diegene aan wie dit toegedien word. Dit beteken dat al die bekende of voorsienbare risikos en voordele sowel as inligting oor alternatiewe behandelingsmetodes op objektiewe wyse bekendgemaak moet word. By kinders en kleuters moet die ouers ingelig word en hul instemming verkry word.
Die opsetlike weerhouding van inligting van ouers sodat hulle by “amptelike” inentingskedules sal bly, kan as ‘n vorm van etiese wanpraktyk beskou word. Amptelike bronne vanaf die VK se Departement van Gesondheid (DG) en die JCVI het ontbloot dat dit presies is wat die Britse gesondheidsowerhede reeds vir 30 jaar doen, vir geen ander rede nie as om skynbaar die nasionale immuniseringsprogram te beskerm.
Dokumentasie is voorgelê wat skynbaar aandui dat die JCVI aanhoudend probeer het om kritieke inligting oor erge nadelige reaksies en kontra-indikasies wat entstowwe veroorsaak, van ouers sowel as gesondheidspraktisyns te weerhou sodat inentingsdoelwitte bereik kan word om ‘n vlak van “groep-immuniteit” te behaal wat nodig ge-ag word. In weerwil van heersende oortuigings, berus hierdie siening nie op grondige wetenskaplike bewyse nie.
Die gevolg is dat talle kinders inentings ontvang sonder dat hul ouers ingelig word oor kritiese inligting oor bewese risikos en ernstige nadelige reaksies waarvan die JCVI deeglik bewus is. Dit blyk verder dat weerhouding van hierdie inligting deur die JCVI/DG, die reg van individue ontneem om ‘n ingeligte besluit oor inenting te neem. Dit is ‘n oortreding van Internasionale riglyne vir mediese etiek sowel as hulle eie Gedragskode.
Transkripsies van JCVI vergaderings toon dat sommige van die komiteelede omvattende verbintenisse met farmaseutiese maatskappye het en dat die JCVI dikwels met entstofvervaardigers saamgewerk het in strategieë wat entstofgebruik bevorder. Sommige van die vergaderings waar hierdie kontroversiële sake bespreek is, was vir die publike verborge, maar die inligting is later deur middel van die “Freedom of Information Act” (FOI) vrygelaat. Die name van sekere deelnemers en ander inligting is egter steeds verwyder voordat die dokumente vrygestel is.
Gevolgtrekking:
Dit blyk dat die JCVI, die DH en die “Committee on Safety of Medicines (CSM)” in die Verenigde Koninkryk die veiligheid van kinders verontagsaam het deur inentingsveldtogte bo entstofveiligheid te prioritiseer. Onakkurate en potensieel misleidende inligting oor entstofveiligheid is deur die JCVI in samewerking met die DH versprei, wat daartoe gelei het dat dit onmoontlik was vir ouers om ten volle ingeligte besluite oor inentings te neem.
Deur ouers oënskynlik te mislei oor die ware risikos wat nadelige reaksies kan meebring ter wille daarvan om hul instemming vir die behandeling te verkry, en deur vir die vervaardigers van entstowwe kant te kies eerder as om die openbare gesondheidsbelange van die publiek in ag te neem, blyk dit dat die JCVI en die CSM daadwerklik hul vertrouensplig nagelaat het om individue teen entstowwe waarvan die veiligheid bevraagteken moet word, te beskerm.
Indien hierdie voorlopige gevolgtrekkings korrek is, kan die inligting wat hier aangebied word ons help om regerings se amptelike standpunt oor entstofskade te verstaan; dit is een van aanhoudende ontkenning.
Laai die volledige verslag hier af:
http://uncensorednz.wpengine.com/wp-content/uploads/BSEM-2011.pdf