Jy’s so jonk as wat jy voel

Bly Jonk en Gesond ten spyte van die Jare

Ouderdom wys nie van binne nie…

Toe ek klein was het ek gewonder hoe voel dit om ‘n grootmens te wees en het selfs daarna uitgesien. Toe word ek groot en voel nog net dieselfde.

Toe wonder ek hoe voel dit om middeljarig te wees. Nou’s ek daar verby en dit voel steeds dieselfde.

Het ook baie gewonder hoe voel dit om aan die verkeerde kant van die sewentigs te wees. Nou’s ek daar en steeds voel dit dieselfde. Van waar ek die lewe bekyk lyk alles nog steeds onveranderd. Ek sien net ‘n verskil in die spieël. En in die voorkoms van diegene wat ek ken.

Aangesien ek nog dieselfde oor die lewe voel as toe ek jonger in jare was is ek ontsettend dankbaar vir die feit dat ek en my gesin gesond is. Nou besef ek die waarde van al die moeite en uitgawes wat ek oor die jare gedoen en aangegaan het om my en die gesin se gesondheid te beskerm, want as ek siek en vol skete en afhanklik van en ‘n oorlas vir ander was sou ek dalk nie meer so oor die lewe gevoel het nie.
Kyk na George Carlin se uitsprake oor veroudering:

Do you realize that the only time in our lives when we like to get old is when we’re kids? If you’re less than 10 years old, you’re so excited about aging that you think in fractions.

“How old are you?” “I’m four and a half!” You’re never thirty-six and a half. You’re four and a half, going on five! That’s the key

You get into your teens, now they can’t hold you back. You jump to the next number, or even a few ahead.

“How old are you?” “I’m gonna be 16!” You could be 13, but hey, you’re gonna be 16! And then the greatest day of your life .. . You become 21. Even the words sound like a ceremony . YOU BECOME 21. YESSSS!!!

But then you turn 30. Oooohh, what happened there? Makes you sound like bad milk! He TURNED; we had to throw him out. There’s no fun now, you’re Just a sour-dumpling. What’s wrong? What’s changed?

You BECOME 21, you TURN 30, then you’re PUSHING 40. Whoa! Put on the brakes, it’s all slipping away. Before you know it, you REACH 50 and your dreams are gone.

But wait!!! You MAKE it to 60. You didn’t think you would!

So you BECOME 21, TURN 30, PUSH 40, REACH 50 and MAKE it to 60.

You’ve built up so much speed that you HIT 70! After that it’s a day-by-day thing; you HIT Wednesday!

You get into your 80’s and every day is a complete cycle; you HIT lunch; you TURN 4:30 ; you REACH bedtime. And it doesn’t end there. Into the 90s, you start going backwards; “I Was JUST 92.”

Then a strange thing happens. If you make it over 100, you become a little kid again. “I’m 100 and a half!”
May you all make it to a healthy 100 and a half!!

HOE OM JONK TE BLY

1. Vergeet van die nie-noodsaaklikhede. Dit sluit in ouderdom, gewig en lengte.

2. Bevriend net opgeruimde mense. Die norses trek jou af.

3. Hou aan om te leer. Oor rekenaars, handwerk, tuinbou of wat ookal. Moet nooit jou brein toelaat om ledig te word nie. ‘n Ledige verstand is die vyand se werkplek en sy naam is Alzheimer.

4. Geniet die eenvoudige dinge.

5. Lag gereeld, lank en luid. Lag jouself uitasem.

6. Die trane gebeur. Verduur, rou en beweeg aan. Die enigste metgesel wat jou lewe lank by jou bly is jyself. LEEF terwyl jy lewe.

7. Omring jouself met dit wat jy liefhet, hetsy jou gesin, troeteldiere, aandenkings, musiek, plante, stokperdjies. Jou huis is jou veilige vesting.

8. Koester jou gesondheid: Beskerm dit as dit goed is. Verbeter dit as dit onstabiel is. Kry hulp as dit verby die punt is waar jy dit kan verbeter, maar sien altyd medikasie as ‘n laaste uitweg, veral as die probleme leefstylverwant is.

9. Vermy skuldgevoelens. Ry winkelsentrum toe, of na ‘n ander dorp of provinsie of land toe. Enige plek behalwe die plek waar die skuldgevoel vandaan kom.

10. Vertel by elke denkbare geleentheid vir diegene wat jy liefhet daarvan.
ONTHOU ALTYD:

Die lewe word nie gemeet aan die aantal keer wat jy inasem nie maar wel aan die oomblikke wat jou asem wegslaan.

Ons het almal aanmoediging nodig om elke dag die lewe le LEEF! As jy dit sal geniet om hierdie met ander te deel, stuur dit aan.

Aanhaling: The healthy, the strong individual, is the one who asks for help when he needs it. Whether he has an abscess on his knee or in his soul.

Outeur: Rona Barrett, Amerikaanse Aktrise

You may also like...