Kalsium kan jou lewe gee of jou lewe neem – hoe om te kies

Verbasend baie mense ly aan ‘n kalsiumtekort terwyl daar terselfdertyd te veel kalsium in hul liggame teenwoordig is. Hoe kan dit waar wees?

Almal weet dat kalsium lewensnoodsaaklik is. Die liggaam kan egter net kalsium wat in voedselplante voorkom, opneem en benut. Kalsium wat uit die grond, uit skulpe, seediere of ander bronne kom, is nie net onbruikbaar vir die liggaam nie, dit kan uiters skadelik wees.

Byna alle kalsiumaanvullers en bygevoegde kalsium in kos word uit anorganiese bronne gehaal. Die liggaam kan nie sulke anorganiese vorms van kalsium opneem of benut nie. Hy probeer eintlik om daarvan ontslae raak maar is nie toegerus om so ‘n onnatuurlike proses te kan volg nie. Die uiteinde is dat die kalsium oral uitkom behalwe waar dit moet wees. Dit beland op gevaarlike plekke soos in sagte weefsel en ledemate: rumatiek. Of in die are: verstopping van bloedsomloop. Of die niere: nierstene.

Intussen veg die hartspier om aan die gang te bly. Aangesien die verkeerde vorm van kalsium in die liggaam nie herken word nie, en dus ook nuttelkoos is vir die hartspier, word die liggaam se skelet van kalsium beroof om die hart aan die klop te hou. Die gevolg is osteoporose.

Nog is dit nie die einde nie. Kalsiumtekorte lei na suurvorming. Dit takel die immuniteit af en stel jou bloot aan gevreesde en lewensbedreigende toestande soos kanker, hartsiektes, osteoporose, sowel as enige van die talle vorms van infeksie.

Kankerlyers se liggaamsvloeistowwe se pH is gewoonlik onder 7, wat beteken dat hul liggaamsweefsel en selle nie behoorlik geoksideer word nie. Hierdie suur toestand word “asidose” genoem. Mense met ‘n alkaliese pH van meer as 7,4 het nie kanker nie, want hul selle en weefsel word behoorlik geoksideer.

Die natuurlike manier om kankerselle te vernietig, is om hulle aan suurstof bloot te stel. Die hoeveelheid suurstof wat aan die selle beskikbaar is, word verhoog deur die pH van die liggaam deur dieet en oefening te verhoog. Daar is aangetoon dat kankerselle nie in ‘n pH van 8 kan oorleef nie.

Die verhoging van die pH van die liggaam is dus van kritieke belang, en kalsium is die doeltreffendste alkaliserende element wat in die menslike dieet voorkom. Daaglikse inname van kalsium, tesame met die mede-faktore vitamine C, D, magnesium en kalium, maar in voedselvorm, sal die pH van die liggaam verhoog.

Bly weg van alle vorms van anorganiese kalsium wat wyd bemark word. Die verspreiders moet wetenskaplike bewys lewer dat hul produk wettig as voedsel beskryf kan word. As dit nie die geval is nie, het jy ‘n produk wat swak benut word en wat ongewenste kalsiumneerslae sal vererger. Dit sal ook min of geen effek op suurvorming hê.

Gebruik die regte tegnologie om seker te maak dat jou liggaam genoeg benutbare kalsium ontvang. Kontak die skrywer vir volledige besonderhede oor hierdie belangrike deurbraaktegnologie wat nog nie baie goed bekend is nie. Die wetenskap hiervan word in dr. Gunter Blöbel se navorsing beskryf wat in 1999 die Nobelprys vir fisiologie aan hom besorg het.

Besoek asb ons Facebookblad hier

Met erkenning aan www.advancedscientifichealth.com

You may also like...