Kan jou reinigers byt?

Die Angels in Onskuldige Huishoudelike Skoonmaakmiddels

Het jy geweet dat chemikalië in onskuldige, gewilde produkte wat daagliks in die meeste huishoudings gebruik word kan bydra tot allerlei, selfs meer ernstige gesondheidsprobleme en tot besoedeling van die omgewing?

Kyk wat is in jou skoonmakers

Gaan kyk op winkelrakke na wat alles in ontsmettingsmiddels, bad-en teelwassers, algemene reinigers, skottelgoedseep, oondreinigers, versagmiddeIs, sweetweerders ens. voorkom. Hier is van die bestanddele waarop jy sal afkom. Die eienskappe wat genoem word kom uit aptekers se handboeke en die Internetensiklopedie, Wikipedia:

1. Chloroxynol: Dit ontlok ekseemagtige reaksie

2. Benzalkoniumchloried: Kan respiratoriese spiere verlam, die sentrale senustelsel onderdruk, velirritasie en oormatige droë vel veroorsaak

3. Sodiumhipochloried: Kan korrosie van slymvliese, perforasie van slukderm en maag, edeem (watersug) van slukderm en longe, bronchiale irritasie en velirritasie veroorsaak.
Gemeng met ammoniak vorm dit baie giftige chloramiengas en saam met asyn of sekere sure, die uiters giftige chloorgas

4. Metasilicate: Kan vel en slymvliese irriteer, braking en diaree veroorsaak

5. Monoethandanmine: Kan allergiese reaksies ontketen

6. Ammoniak: Kan edeem van respiratoriese kanaal, spasma van stemspleet en versmoring veroorsaak. Gemeng met chloor vorm dit uiters toksiese chloramiengas.

7. Aluminium: Kan lei tot geheueverlies, agteruitgang van die brein, Alzheimer se siekte en tekorte aan fosfor en kalsium. Dit kan ook die vorming van gewasse in die sweetkliere bevorder

8. Trichloroisocyanurie-suur: Giftig, waarskynlik kankerwekkend, besoedel grondwater

In die geval van etlike bekende oplosmiddels, reinigers en ontsmettingsmiddels word die bestanddele nie vermeld nie.

Wat van toetse vir veiligheid?

Selfs die beste beskikbare evalueringstelsel wat tans bestaan, met ‘n paneel van deskundiges, is nie in staat om menslike gesondheid en die omgewing te beskerm nie. Die algemene neiging is om potensieël skadelike stowwe onskuldig te verklaar totdat die teendeel bewys word.

As gevolg van die hoë koste verbonde aan die evaluering van chemikalië en gebrek aan voldoende bruikbare data word veiligheidstoetse slegs in uiterste gevalle deeglik gedoen. Die uitslae van toetse wat wel gedoen word is egter beperk tot die effek op laboratoriumdiere.

Toetse op rotte en ander laboratoriumdiere bewys nie veel oor die effek van chemikalië op mense en die omgewing nie. Die invloed op kinders is boonop veel erger as op volwassenes.

Intraspesies onsekerheidsfaktore word wel ingebou, maar die strekwydte van menslike vatbaarheid bly onbekend. Dit is ook nie bekend of die toelatings wat vir kinders en ontwikkelende fetusse voorsien word voldoende is nie.
Verder word laboratoriumdiere slegs aan een stof op ‘n keer blootgestel. Mense kom gelyktydig met talle chemikalieë uit verskilende bronne in aanraking, waarvan die gesamentlike of sinergistiese effek totaal onbekend is.

Dit kan 15 tot 20 jaar van blootstelling neem voordat die gevaarligte begin flikker en oorsake geïdentifiseer word. Dit is hopeloos te laat vir baie slagoffers.

Selfs volwasse mense van verskillende ouderdomme en uit verskillende agtergrond se reaksie op bepaalde blootstellings kan ingrypend verskil.

Politieke en ekonomiese inmenging lei tot die uitsluiting van sekere chemikalieë van amptelike gifstoflyste en dus van toetsing.
Toetsing word dikwels gerieflikheidshalwe of vir ekonomiese redes aan vervaardigers oorgelaat. Sulke uitslae kan maklik deur eiebelang van die vervaardigers verdraai of verdoesel word. Daar word ook dikwels aanvaar (maar sonder grondige wetenskaplike bewyse) dat die meer onlangse ontwikkelings in chemiese samestellings veiliger is as vroeër weergawes.
Onafhanklike studies (wat nie deur die vervaardiger onderneem of befonds word nie) is onontbeerlik vir ‘n objektiewe analise. Sulke studies word egter selde gedoen voordat die betrokke chemikalie genoeg skade berokken het om die suspisie te laat ontstaan dat dit gevaarliker is as wat aanvanklike evaluering aangedui het.

Algemene beskrywings soos “preserveermiddel”, “versoeter”, “anti-oksidant”, “kunsmatige geursel of kleursel” ens. verdoesel dikwels die bestaan van skadelike stowwe.
Teen hierdie agtergrond is dit waarskynlik veilig om te verklaar dat die beskikbare toetsresultate slegs die punt van ‘n ysberg verteenwoordig.

Watse Gesondheidsprobleme kan ontstaan?

Onder andere word aandag afleibaarheidsindroom, asma, vroeë menstruasie, sensitiwitiet vir veelvuldige chemikalieë en sekere ongesteldhede verbonde aan wanfunksie van die immuniteitsisteem aan chemiese blootstelling gekoppel. Die wetenskap om hierdie meganismes en interaksies te verstaan is egter nog nie op ‘n vlak waar regulerende agentskappe chemikalieë vir die potensiaal om hierdie effekte te veroorsaak kan toets nie.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is chemikalieë wat daarvoor bekend is dat hulle die endokrinesisteem ontwrig. Daar is talle geregistreerde stowwe wat nie vir endokrineontwrigtingseienskappe getoets is nie. Aangesien hulle egter geregistreer is word hulle nie by toetse wat later ontwikkel word ingesluit nie, maar eenvoudig geïgnoreer.
Klein, oënskynlik skadelose hoeveelhede chemikalieë kan ophoop totdat dit lewensbedreigend word.

Kroniese ongesteldhede – toetse om kroniese effekte te bepaal is uitgebreid en duur.

Allergieë – studies word selde gedoen terwyl asmalyers se lewens bedreig kan word.

Kanker – die Randwaarde van ‘n kankerdood is onbekend maar sekere stowwe word vir ekonomiese redes toegelaat al is daar bewyse dat dit kankerwekkend kan wees.

Die Goeie Nuus: Daar ís veilige reinigers. Boonop is hulle baie goedkoper en meer doeltreffend as daardie middels wat skadelike chemikalieë bevat. Kyk nuusbrief oor “Die gevaar van duur skoonmakers” hier

Aanhaling: The groundwork of all happiness is health.

Outeur: Leigh Hunt 1784-1859, Britse Digter en Opstelskrywer

You may also like...