Kanker, ‘n Doodsvonnis?
Kanker is NIE ‘n Doodsvonnis nie, dis ‘n Lewenstoestand
Volgens Dr. Rashid A. Buttar is kanker geen doodsvonnis nie. Kyk gerus na sy video-opname by die skakel onderaan. Sy bevinding is dat die impak van jou eie wil en ingesteldheid so belangrik is dat jy kan sterf net omdat jy dink dat jy kanker het.
Twee pasiënte se gesinne was bereid om nadoodse ondersoeke op pasiënte wat hy behandel het, te laat doen want in sy hart het hy geweet dat hierdie persone nie kanker gehad het nie. Die bevinding was – geen teken van kanker nie. Nie eens ‘n aanduiding daarvan nie. Altwee die pasiënte is egter, nadat hul onkoloog hulle ingelig het dat hulle gaan sterf, binne ‘n week of twee dood. Hulle het die krag van oortuiging geglo.
Natuurlike Immuniteit is die Sleutel
Hier is die hoof-faktore wat immuniteit beïnvloed:
-
Suurvorming takel die immuniteit af.
-
Wanneer mense oor enigiets stres, werk dit suurvorming in die hand.
-
Alle diereproteïn, maar veral rooi vleis, bevorder suurvorming.
-
Suikerinname lei na suurvorming. Alle verfynde koolhidrate sit in suiker om wanneer jy dit eet.
-
Aanvaar my uitdaging: kry iets op die supermarkrak wat nie suiker bygevoeg het nie!
-
Suiwel en graankosse werk suur in die hand.
Beskerm jou pH
Navorsing dui daarop dat kankerselle nie in ‘n pH van 8 of meer kan oorleef nie. Hoe bereik mens dit?
Benewens die uitskakeling van suurvormende kossoorte en -gewoontes, maak seker dat jy genoeg opneembare kalsium sowel as goeie anti-oksidante inneem. Dit vind jy in organies-gekweekte geel, groen en rooi gekleurde groente- en vrugtesoorte en goeie gehalte aanvullers.
Die meeste groente- en vrugtesoorte is alkalies maar sekeres, veral in oormaat, bevorder suurvorming vanweë die vrugtesuikerinhoud.
Dankbaar vir die Wekroep van Kanker
Kankerpasiënte bring een interessante, herhalende tema na vore:
Hulle is dankbaar dat hulle die siekte kon ervaar, vir hoedat hulle daardeur getransformeer is en hoe dit hul lewens verander het. Dit lei na ‘n perspektief wat hulle andersins nooit sou ontdek het nie en hul lewens sou nie gewees het waar dit vandag is nie. Dankbaarheid en waardering vir die geleentheid om dit alles te kon meemaak, getuig dat kanker ‘n wekroep ontketen.
Dit bly egter steeds ‘n wekroep. Jy moet iets doen as jy kanker opdoen. Dit is asof jy die belangrikste e-pos ontvang, een wat die mat onder jou voete uitruk wanneer jy dit lees.
Kanker is egter NIE ‘n doodsvonnis nie. Dit is slegs ‘n doodsvonnis as jy glo dat dit ‘n doodsvonnis is en nie gehoor gee aan die wekroep nie.
Nóg belangriker, diegene wat die wekroep hoor vóórdat kanker toeslaan, het die allerbeste deel!
Kyk hier na dr Buttar se video
Klik hier om ons Facebookblad oor gesondheid en lewenskwaliteit te besoek.