Kersfees, en nagmaal op die maan

Elke Desember raak die hele wêreld betrokke by aktiwiteite wat op direkte of indirekte wyse erkenning gee aan die geboorte van Jesus Christus as die mees invloedryke gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom. Dit is egter ironies dat die meeste mense wat elke jaar aan Kersfeesverwante vieringe deelneem verkies om nie God se persoonlike uitnodiging tot ‘n liefdevolle verhouding met Hom aan te neem nie.

Mag jy volhoubare nuwejaarsvoornemens nastreef, gebaseer op die stewige fondasie van ‘n persoonlike verhouding met ons Skepper wat vir jou en vir my onvoorwaardelik en innig liefhet.

 

Vertrou op die Betroubare

Ons wil jou graag aanmoedig om opnuut in Markus 10:13-31 te lees hoedat ons soos kinders moet vertrou. Ons weet dat waar wêreldse stelsels en strukture verbrokkel, verswak of verander of waar jy nie kwalifiseer nie omdat jy uit die verkeerde rassegroep, geslag, politieke party of buurt kom of vir welke ander rede ookal, die oplossings wat God se Woord bied betroubaar, volhoubaar, onbeperk, onbevooroordeeld, ja volmaak is.

Die vraag aan elkeen van ons is of ek bereid is om te besluit om op God en Sy Woord te vertrou eerder as op my eie vermoëns, geld, besigheid, geneesheer, predikant of watse geleerdheid, stelsel of struktuur ookal.

Dit is wonderlik om te lees van hoëprofiel persone soos die Amerikaanse ruimtevaarders wat bereid is om te midde van teenstand, spottery, vervolging en ‘n druk program tyd in te ruim vir dit wat vir hulle belangrik is: om erkenning aan die Here te gee vir wat Hy vir ons op Golgota gedoen het en vir wat Hy steeds doen.

 

Die eerste nagmaalviering op die maan

Lees in hierdie betroubare bron oor die eerste nagmaalsviering in die geskiedenis wat buite die aarde se atmosfeer plaasgevind het: http://www.snopes.com/glurge/communion.asp

 

Voorbidding 

Kom kuier gerus gereeld by die webblad, lewer insette en stel jou standpunt, of laat weet as daar iets is waarvoor jy voorbidding en ondersteuning nodig het. Of stel jouself beskikbaar om vir iemand anders te bid.

Besoek die “gebed” skakel – dis jou voorreg en miskien is dit net jou gebed waarop God wag om ‘n verskil in iemand se lewe te maak.

You may also like...