Ketose-dieet: voor- en nadele

Ketose dieet: kan dit werk en wat is die risikos?

Jy het heel waarskynlik al gehoor van die ketose-dieet. Presies wat dit is en die voor- en nadele wat dit inhou is egter heel waarskynlik nie so alombekend nie.

Die woord ketose verwys na die toestand van die menslike liggaam wanneer dit nie voldoende koolhidrate inneem nie en gevolglik begin om afhanklik te raak van proteïne, vet en spierweefsel om vir die verlies aan energie te vergoed.

Dit verklaar waarom hierdie tipe dieet die ketose-dieet genoem word. ‘n Ketose-dieet is ‘n soort dieet wat baie min of hoegenaamd geen koolhidrate bevat nie. Wanneer jou liggaam in hierdie toestand verkeer, skryf jou brein voor dat glukosereserwes slegs vir noodgevalle vervaardig moet word. Dit gebeur wanneer jou liggaam nie genoeg koolhidrate inneem nie. Die brein het altyd energie nodig, en om dit te kry begin dit om opgebergde vetreserwes te gebruik. Klink dit te goed om waar te wees? Lees eers verder.

Daar is nog iets wat jy moet weet: ketose word deur talle mediese deskundiges as ‘n krisis in die liggaam beskou en as sulks behandel. Ketose is derhalwe nie slegs ‘n toestand waar ‘n tekort aan koolhidrate voorkom nie; dit word ook gesien as ‘n liggaamskrisis. Lees dus hierdie inligting versigtig deur voordat jy jou in ‘n ketose-dieet begewe. Wat reeds genoem is, behoort voldoende te wees om jou te oorreed om permanent van hierdie tipe dieet weg te bly. Indien dit nie is nie, lees verder oor die newe-effekte.

Die newe-effekte van ketose

Die grootste newe-effekte van ‘n ketose-dieet is uitputting, konstante moegheid en liggaamlike wanfunksies wat hiermee verband hou. Die rede is eenvoudig: daar is nie genoeg glukose in jou liggaam nie. Ketose kan permanente skade aan jou lewer aanrig en spiermassa vernietig. Ek is seker dat jy jouself nie graag hieraan sal wil blootstel nie, maar lees verder – daar is nog meer om van kennis te neem!

Ons weet almal hoe belangrik oefening is, veral om jou te help om gewig te verloor maar ook vir jou algemene gesondheidstoestand. As gevolg van die effekte van hierdie tipe dieet sal jy egter heel waarskynlik nie eens met die maklikste oefenprogram kan volhou nie. Jy sal gedurig moeg voel en jy sal nie eens kan begin met oefening nie. Jy sal eenvoudig nie benoeg energie daarvoor kan bymekaarskraap nie. Boonop sal dit jou geweldig aan bande lê ten opsigte van die kossoorte wat jy mag eet en wat jy moet vermy.

Die volgende wat gaan gebeur is dat jou liggaam as die laaste uitweg sy vetreserwes as ‘n bron van energie opgebruik.

Die gevolg hiervan is uithongering wat by talle mense na die een of ander siekte of ongesteldheid lei. Sulke siektes kan langtermyn skade aan jou liggaam veroorsaak en kan ook nadelig inwerk op enige toekomstige pogings om gewig te verloor.

Dink eers mooi hieroor na

Ek vra jou mooi om ernstig na te dink voordat jy met enige nuwe, “belowende” dieet begin. Ketose is nie ‘n baie aangename proses nie en talle ander diete hou verborge (en soms openlike) gevare in.

Lees meer oor die onderwerp by hierdie skakel

Met talle sinvolle opsies vir ‘n aangename en gesonde dieet tot jou beskikking (die eetplanne by www.verslank.net is ‘n goeie begin), bestaan daar geen rede waarom jy jouself aan die beperkings en gevare van ketose-diete sal blootstel nie. Om die waarheid te sê, dit is nie gesond om emosioneel gevange gehou te word met die gedagte dat daar ‘n groot verpligting op jou rus ten opsigte van gewig nie – dit moet eerder ‘n verpligting wees om gesond te lewe.

Daar is geen wetenskaplike rede waarom jy juis x aantal kg moet verloor nie – elke mens is ‘n individu met ‘n spesifieke liggaamsbou en sommige mense is net groter gebou as ander (afgesien van die lengte).

‘n Mens kan hoogstens sê dat die ideaal is om heelwat gewig te verloor en dan die liggaam toe te laat om dit self te doen.

Raak vry van gewigs-fiksasies en begin om positief te leef en jouself te aanvaar net soos jy tans is.

Wat belangriker is as gewig, is die omtrek van jou middellyf; streef na ‘n middel van tussen 70 en 84 cm (Die maat vir mans is tussen 80 en 91 cm.). Lees meer daaroor hier

You may also like...