Klop verkoues en griep
Dis alweer verkoueseisoen – wees voorbereid
Ons eerste kleinkind is vroeg in Junie 1997 tydens ‘n rare verskynsel op Barberton gebore: die berge agter die dorp was wit van die sneeu! Dit was ‘n pragtige gesig, maar die koue het ook sy tol ge-eis. Toe klein Juan uit die kraamsaal ontslaan word, kom hy met ‘n loop-neusie en ‘n hoesie by die huis aan.
Gelukkig was ons goed voorbereid vir sulke lastighede. Twee druppeltjies van ons gunsteling kruiemiddel, onder die tong elke twee uur tot daardie aand, en die volgende oggend is die simptome weg. Nog twee druppels die oggend en ‘n laaste seker-maak opvolg die middag, en dit was die einde van die probleem.
Juan woon nou in Vietnam en het al ‘n tweelingdogtertjies maar vandat hy kon praat vra hy vir die kruie elke keer wanneer hy iets soos ‘n infeksie voel naderkom. Hy weet ook al dat dit help vir maagseer, oorpyn, tandpyn en om te keer dat oop wonde septies raak. Dis die einde van enige vorm van infeksie, hetsy dit deur bakterieë, virusse of swamme veroorsaak word.
Wat van griepinentings?
Niemand weet of die beskikbare inentingsmiddels enigsins sal help teen nuwe (en sommige ouer) virusse wat kan opdaag nie.
Boonop gaan Jan Alleman nie presies weet wanneer om die middels te begin neem nie. Baie infeksies lyk en voel soos griep, sê die pediater en immunoloog dr. Anne Moscona van die Weill Cornell Mediese Kollege in New York. Virusse en bakterieë kan weerstand teen medikasie ontwikkel.
Sy waarsku dat as jy byvoorbeeld Tamiflu vir verkoue of griep gebruik, die middel nie vir jou sal help as jy daarna een of ander dodelike griepstam opdoen nie.
Die voordele van sterk immuniteit
Indien jou immuniteit sterk is stel dit jou liggaam in staat om beter weerstand teen enige aanslag te bied. Die grootste voordeel van so ‘n benadering is dat geen virus, bakterie of swam weerstand teen jou immuniteitsisteem kan opbou nie. Die 9 kruie in Infa wat immuniteit verbeter is veilig, goedkoop en hulle effek kan nie deur weerstandigheid afgetakel word nie.
Indien jy gesond leef en jou immuniteit sterk is, het jy min te vrees vir enige vorm van infeksie.
Veral mense wat as gevolg van verswakte immuniteit blootgestel is, moet altyd versigtig wees om nie aan te steek nie. Hulle moet goeie higiëne toepas en liefs immuniteitversterkende hulpmiddels soos Infa neem of minstens sulke middels byderhand hou.
Inentings, daarenteen, is en bly verdag omdat jy nooit weet welke bakterieë, virusse of swamme reeds teen hulle weerstand opgebou het nie. Inenting sal in elk geval nie help vir alle griepstamme nie en veral nie vir nuwe variasies wat nog nie geidentifiseer is nie, waarvan daar elke jaar ‘n klompie nuwes bykom.
Kruie verseker goeie immuniteit
Die puik kombinasie van 9 immuniteitversterkende kruie in Infa beskerm ons gesin reeds vir 20 jaar lank teen alle vorms van infeksie, hetsy virusse, bakterieë of swamme. Dit werk voorkomend sowel as terapeuties vir kinders, babas, volwassenes, bejaardes en diere.
Boonop help dit vir alle soorte infeksie met inbegrip van nuwe virusmutasies omdat dit die natuurlike immuniteit versterk. Infeksies in die maag, ore, tande, in oop wonde of op enige ander plek word ewe goed bekamp.
Gebruik die “Kontak” skakel hiernaas met net die woord “Infa” in die onderwerpkolom en ‘n aanduiding van waar jy woon indien jy graag meer inligting oor hierdie kragtige produk wil ontvang.