Koel komkommer
Dertien komkommerkoel wenke
Komkommer kan baie nuttig wees vir ‘n verbasende verskeidenheid van probleme, van selluliet na stres tot uitputting en babalaas!
1. Komkommer bevat meeste van die vitamines wat jy elke dag nodig het – mits hulle organies gekweek is.
‘n Komkommer bevat vitamine B1, vitamine B2, vitamine B3, vitamine B5, vitamine B6, foliensuur, vitamine C, kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium en sink.
2. Voel jy in die middae uitgeput? Los die suikerryke koeldranke uit en eet ‘n lekker stuk vars komkommer. Dit is ‘n goeie bron van die B vitamines en koolhidrate en kan daardie vinnige opkikker verskaf wat vir ure kan aanhou.
3. Frustreer die waterdamp op jou badkamerspieël jou elke keer nadat jy gestort het? Vryf ‘n skyfie komkommer oor die spieël se oppervlak. Dit elimineer die kondensaat en laat ‘n gladde, spa-agtige reuk.
4. Verniel wurms en slakke jou plantbeddings? Plaas ‘n paar komkommerskyfies in ‘n klein aluminium pastei-houertjie en sit dit tussen die plante. Jou tuin sal die hele seisoen vry wees van peste. Interaksie tussen die chemikalieë in die komkommer en die aluminum gee ‘n reuk af wat mense nie agterkom nie maar dit maak tuinpeste rasend en verdryf hulle uit die area.
5. ‘n Vinnige metode om selluliet te verwyder voordat jy in jou swemdrag gaan verskyn: vryf ‘n paar skyfies komkommer vir ‘n paar minute oor die probleemarea. Die plant-chemikalieë in die komkommer verstewig die kollageen in jou vel sodat die buite-laag fermer word en so die selluliet minder sigbaar maak. Dit werk ook goed vir plooie!
6. Eet ‘n paar skyfies komkommer voordat jy gaan slaap om babalaas of erge hoofpyn te vermy. Jy sal die volgende oggend verfris en vry van hoofpyn wakker word. Komkommer bevat voldoende suiker, B vitamines en elektroliete om die noodsaaklike nutriënte te vervang wat die liggaam verloor. Sodoende word alles in ewewig gehou sodat jy nie hoofpyn of babalaas ervaar nie.
7. Wil jy graag daardie laatmiddag of aand hunkering na versnaperings vermy? Europese jagters, ruilhandelaars en ontdekkingsreisigers eet reeds vir eeue lank dikwels komkommer as kitsmaaltye om verhongering te vermy.
8. Jy het ‘n belangrike vergadering of jy moet ‘n onderhoud vir ‘n nuwe werk bywoon en jy het nie genoeg tyd om jou skoene te poets nie. Vryf ‘n varsgesnyde komkommer oor die skoene. Die chemikalieë verskaf vinnig ‘n duursame glans wat pragtig lyk en ook water afweer.
9. Jy het nie meer spuit-olie nie en jy moet ‘n raserige skarnier stilmaak. Vryf ‘n komkommerskyfie oor die probleemskarnier en siedaar! Die geraas is weg!
10. Stres kry jou onder en jy het nie tyd vir massering, gesigmassering of ‘n besoek aan die spa nie. Sny ‘n hele komkommer in stukkies en gooi dit in ‘n pot kookwater. Die chemikalieë en voedingstowwe sal met die kookwater reageer en in die stoom vrygelaat word. Die gevolglike aroma his strelend, ontspannend en verminder stres by nuwe moeders en by universiteitstudente tydens finale eksamens.
11. Na jou sake-ete ontdek jy dat jy nie mente of asemverfrissers byderhand het nie. Druk ‘n skyfie komkommer vir 30 sekondes met jou tong teen die bokant van jou verhemelte vas. Dit elimineer slegte asemreuk. Die plantchemikalieë sal die bakterieë in jou mond wat die asemreuk veroorsaak, doodmaak.
12. Is jy op soek na ‘n ‘groen’ metode om jou krane, wasbakke en vlekvryestaal skoon te maak? Vryf ‘n skyfie komkommer aan die oppervlak wat jy wil skoonmaak. Dit verwyder jare se aanpaksel en vlekke en maak blink maar dit sal nie strepe laat of jou vingers of naels beskadig nie.
13. Het jy met ink geskryf en ‘n fout gemaak? Gebruik die buitekant van ‘n komkommer as uitveër. Vryf stadig en saggies. Dit werk ook uitstekend op kryt en merkers waarmee kinders hulle kuns- en skryfvaardighede op die mure oefen.
Stuur hierdie wenke aan almal wat op soek is na beter en veiliger maniere om alledaagse probleempies op te los.
“Dit gaan nie in die lewe oor wag vir die storm om verby te trek nie…dit is oor hoe om te leer om in die reën te dans!!”