Kokosneutolie – ‘n gesonde alternatief?
Een van die mees algemene vrae oor voedselgesondheid, is of kokosneutolie goed is vir jou, aldan nie. Hierdie vraag duik waarskynlik so gereeld op omdat kokos-olie vir jare lank ‘n dieetkundige stiefkind was omdat dit so baie versadigde vette bevat. Ongeveer 82% van die neut se olies bestaan uit versadigde vette.
Kokosolie het in die afgelope tyd opgang gemaak en beklee nou supervoedselstatus. Daar word mee gebak, gesonde happies gemaak, lepelsvol netso ge-eet en selfs in koffie ingeroer.
Die “American Heart Association” het egter vroeër vanjaar inligting oor dieetvette en hartvatsiekte vrygestel. Daarin word die gebruik van kokosolie vir afgeraai – en dit sluit koudgeparste rou kokosolie in!
Blykbaar verhoog kokosolie beide die HDL (“goeie”) en die LDL (“slegte”) cholesterol. Die ou siening was dat die voordeel van HDL opmaak vir die nadeel van LDL cholesterol. Onlangse navorsing dui egter daarop dat dit nie waar is nie.
Aangesien ons dus nie meer daarop kan reken dat die voordelige HDL cholesterol die skaal na positief swaai nie, en omdat kokosolie LDL cholesterol verhoog, is die aanbeveling om dit nie te gebruik nie – behalwe as ‘n tuisgemaakte bevogtiger en gesigskoonmaker.
Daar is egter hulp sonder newe-effekte vir diegene wat die alternatiewe benadering verkies. ‘n Sterk dosis vitamine C in voedselvorm kan help om cholesterolvlakke te beheer en selfs te verlaag. Hierdie uitwerking kan verbeter word deur ‘n kombinasie van nutriënte by te voeg wat die hartvatstelsel versterk en dit help om meer doeltreffend te werk.
Gebruik die kontakskakel om te gesels oor meer inligting.
Loer asb in by ons Facebookblad: klik hier