Kweek jou eie aanvullers

Kweek jou eie Vitamin- en mineraalaanvullers in jou Agterplaas

Oorsig

Almal van ons besef dat ons aanvullers nodig het. Die koste van mineraal- en vitamineaanvullers dwing egter baie van ons om kompromieë aan te gaan wat gehalte of hoeveelhede betref of om eenvoudig daarsonder te bly. Daar is egter ‘n eenvoudige, goedkoop en doeltreffende oplossing vir die probleem.

Inleiding

“The Rockdust Revelation” is ‘n boekie wat verduidelik hoedat jy jou eie vitamin- en mineraalaanvullers op ‘n maklike en praktiese manier kan kweek.

Dit leer jou hoedat die grond deur die natuur verryk is en waarom die natuurlike gebalanseerde voorraad van spoorelemente wat veronderstel is om deel van jou voedsel te wees, ontwrig is. Lees oor die impak van herhaalde grondbewerking, bemesting en die gebruik van gifstowwe op ekologiese balanse en op die natuurlike vyande van peste en hoedat agteruitgang deur dit alles aangehelp en versnel word.

Lees ook hoedat jy natuurlike hulpbronne wat gratis verkrygbaar is kan gebruik om meer as 90 spoorminerale en –elemente wat jou liggaam nodig het uit die grond te kry. Hierdie proses herstel ‘n eenvoudige lewensiklus wat van kritieke belang is vir lewe en vir gesondheid.

Die beginsels is ook op plant- en dierelewe van toepassing. Dit stel jou in staat om gehalte, smaak en raklewe van gewasse te verbeter en weerstand teen siekte by mense, plante en diere te versterk.

Die Probleem van Klimaatverandering

Plantlewe word wêreldwyd deur ‘n kettingreaksie afgetakel. Oerwoude trek terug, woestyne is in opmars en die uitgebreide gebruik van fossielbrandstowwe en ander besoedelende praktyke is besig om die klimaat regoor die wêreld te verander. Dit kan lei tot die volgende ys-eeu.

Leer hoedat jy jou kan skaar by diegene wat oplossings nastreef eerder as om, al is dit onbewustelik, ‘n deel van die probleem te wees.

“The Rockdust Revelation” dek ook die volgende belangrike onderwerpe:
• Wat gebeur wanneer die grond agteruitgaan
• Wat gebeur wanneer plantlewe degenereer
• Hoedat die kweekhuis-effek kan lei tot die ontstaan van ‘n nuwe ys-eeu
• Hoedat jy kan bydra om die proses van klimaatverandering te bekamp

Beter Gewasse en Verminderde Gebruik van Gifstowwe

Groentegewasse wat in grond gekweek word wat ryk is aan minerale en spoorelemente lewer tot 3-5 maal die opbrengs van uitgeputte grond. Boonop is sulke gewasse gesonder, meer aantreklik en is die rakleeftyd meer as verdubbel terwyl smaak aansienlik beter is.

Hierdie verbeterings word met minder bemesting verkry en die nodigheid om pesbeheermiddels te gebruik word ook aansenlik verminder of selfs geheel en al uitgeskakel.

As voorbeeld is ‘n koolkop van 6,35 kg in mineraalverrykte grond in Durban gekweek. Lees hoedat jy hierdie voordele in jou tuin of op jou plaas kan ervaar.

Die Korttermynbelang van die Individu

Die boekie “The Rockdust Revelation” gee oplossings vir die mikro-probleem van die individu, naamlik wat in die korttermyn gedoen kan word om die natuurlike balans aan minerale en spoorelemente in jou liggaam en by diegene naby aan jou te herstel. Sodoende kan weerstand teen siekte en kwale verbeter en kan jou intellek en liggaamsfunksies meer doeltreffend funksioneer.

Persone wat naby aan ‘n geskikte voorraad materiaal woon wat ryk is aan minerale en spoorelemente, het die geleentheid om ‘n inkomste te genereer uit ‘n newe-produk wat gewoonlik andersins weggegooi word.

‘n Bykomende interessantheid is dat die proses van hermineralisering ook help om die grond se pH te herstel, ongeag of die grond in jou besondere area se pH suur of alkalies is.

Alhoewel behandeling van die grond die nodigheid vir kunsmis en pesbestryders verminder, sal dit nie noodwendig alle ander vorms van grondbehandeling en die nodigheid vir die toediening van alle bykomende voedingstowwe vervang nie. Dit help egter om die spoorelement en mineraalbalanse in die grond op die korrekte vlakke te handhaaf.

Organiese en ander nutriënte wat gewoonlik via kunsmis of kompos bekom word sal waarskynlik steeds benodig word, maar gewoonlik in aansienlik kleiner hoeveelhede.

Hoe om Minerale Doeltreffend en Vinnig te Absorbeer

Persone wat graag hulle weerstand teen siekte vinniger wil herstel as wat moontlik is deur groente en vrugte te eet wat in verrykte grond gekweek word, en wat wil seker maak dat hulle al die spoorelemente ontvang, kan dit binne weke doen deur die riglyne in die boekie te volg. Hou egter in gedagte dat hierdie nie ‘n oornag kuur vir alle skete en kwale is nie. Dit is ‘n langtermynproses waardeur jou weerstand geleidelik herstel en opgebou word tot op die vlakke wat jy behoort te geniet wanneer natuurlike balanse in jou lewe gehandhaaf word.

Natuurlike metodes om gesondheid te verbeter, soos wat in die boekie beskryf word, lewer baie meer geleidelike resultate as wat met mediese voorskrifte verwag word. Indien jy egter gereeld die natuur se eie voedingstowwe inneem bemagtig jy jou liggaam om sy natuurlike vermoë te herwin om siektes en kwale teë te staan. Daar kan ook geen skadelike newe-effekte of risikos ontstaan nie.

Dit impliseer geensins dat jou gesinsgeneesheer nou oorbodig sal word nie. Moderne mediese tegnologie bied talle voordele. Die inligting in hierdie boekie behoort jou egter te help om jou liggaam op ‘n goedkoop en veilige manier vry te maak van baie irriterende kwale. Dit kan jou ook minder afhanklik maak van mediese hulp.

Lees “The Rockdust Revelation” hier

 

HET JY MOTIVERING NODIG?

Ons het almal van tyd tot tyd ‘n bietjie aanmoediging en motivering nodig. Ek ontvang daagliks bemoedigende boodskappe, videos en meer by Be Motivated Today

Ontvang meer Motivering

Besoek Be Motivated Today hier en kyk welke hulpmideels jou die beste pas. Jy sal drie geskenke ontvang: ‘n e-werkboek oor hoe om jou potensiaal te ontsluit, ‘n verslag oor hoedat jy ‘n passiewe inkomste kan genereer en ‘n webblad waarmee jy kan begin om dit te doen.

You may also like...