Laat jou liggaam herleef

Fisiese Herlewing, Gehalte en Diensbaarheid

Sedert 1989 het ek en Juanita elke jaar gevoel asof ons jonger word.

Ons het in daardie dae geleer hoe om koring in grond wat met spoorelemente verryk is te plant en om die sap te drink. So het ons topgehalte mikronutriënte ingeneem. Dit het ‘n groot impak op ons gesondheid gemaak, veral ten opsigte van respiratoriese infeksies wat ons in daardie dae gereeld geteister het.

Later het ons kennis gemaak met uitstekende aanvullers en oor die jare meer en meer besef hoe belangrik dit in die moderne samelewing is om goeie aanvullers te gebruik.

Weens voortgaande navorsing en ontwikkeling in die natuurlike gesondheidsbedryf, is dit egter belangrik om met ‘n oop gemoed tred te probeer hou met die jongste navorsingsdeurbrake en ontwikkelings.

Die nuutste deurbraak wat wêreldwyd opslae maak is glikonutriënte. Dit bied onder andere oplossings vir die kommerwekkende toename in outo-immuuntoestande en die newe-effekte van chemoterapie

Ons sien en hoor byna daagliks van nuwe, hartseer gevalle van verswakkende gesondheid weens “ongeneeslike” outo-immuuntoestande. Gevolglik was ek en Juanita baie bly toe ons ontdek, deur BAIE getuienisse op skrif en getuienisse van mense met wie ons persoonlik kontak het, dat glikonutriënte BESLIS outo-immuunsiektes aanspreek – en dit sonder enige newe-effekte!

Die triljoene selle in ons liggame kommunikeer met mekaar om te weet watse voeding, beskerming, herstel of selfs vernietiging hulle nodig het. Hierdie kommunikasie is baie belangrik – daarsonder sal die selle nie weet hoe om goeie gesondheid in die liggaam te bevorder nie. ‘n Swak of ongebalanseerde dieet ondermyn hierdie lewensbelangrike kommunikasievermoë sodat die liggaamselle nie weet wat nodig is om goeie gesondheid te handhaaf nie.

Wetenskaplikes het ook ontdek dat swak sel-tot-sel kommunikasie die hoofoorsaak van outo-immuunsiektes en kanker is.

Daar is egter bevind dat geteikende voeding met gespesialiseerde plantmateriaal bekend as glikonutriënte hierdie belangrike kommunikasie tussen selle moontlik maak. Ongelukkig is dit ook waar dat selfs kos van goeie gehalte in die moderne dieet selde genoeg glikonutriënte bevat om hierdie belangrike funksie te laat plaasvind.

Daar bestaan GEEN medikasie wat outo-immuunsiektes kan genees nie, want daar is nog nie ‘n sintetiese alternatief vir glikotegnologie nie. Deur die voorsiening van glikos stel Mannatech die liggaam in staat om homself te genees. Hier volg voorbeelde van die toestande wat kan baat vind by die “genesende” effek van hoë dosisse van Mannatech se glikos soos bv. in “Ambrotose Complex”:

Fibromialgie

Kanker

Parkinson se siekte

Alzheimer se siekte

Veelvuldige sklerose

Psoriase

Klassieke Hodgkins Limfoom in die tweede stadium, ‘n vorm van bloedkanker

Ankiloserende spondilitis

Artritis

Weens ons pogings om op hoogte te bly en seker te maak dat ons liggame kry wat hulle nodig het, kan ons voel hoedat ons liggame in talle opsigte beter as voorheen werk. Ons betree tans ons tagtigerjare, en is steeds vry van medikasie van enige aard. Ons gewig is normaal en ons is blakend gesond.

Ons sal graag meer inligting en ook persoonlike getuienisse oor die werking van hierdie wonderlike voedingstowwe beskikbaar stel. Kontak ons gerus via die kontakskakel.

“What you leave behind is not what is engraved in stone monuments, but what is woven into the lives of others”
– Pericles

You may also like...