Lewer- en galblaasreiniging
Reiniging van die lewer en galblaas
Galblaasverwydering is tans een van die mees algemene vorms van sjirurgie ter wêreld.
As jy oorgewig of ‘n diabeet is, dan boonop nog bejaard en ‘n vrou, is jy ‘n goeie kandidaat vir galsteenprobleme. Gewoonlik is daar nie vooraf simptome nie, totdat die galstene die buise blokkeer en so infeksie veroorsaak. Galstene vorm wanneer cholesterol met gal verbind. Kaffein, nikotien, alkohol, gaskoeldranke en eucalyptusgeursel of eucalyptusheuning versnel hierdie proses.
Galstene wat reeds gevorm het kan so ge-elimineer word:
Eet benewens gewone etes soveel appels en drink soveel appelsap as wat jy kan, vanaf ‘n Maandag tot en met die daaropvolgende Saterdag. Die pektien in appels maak die galstene sag. Beperk jouself Saterdagoggend en -middag tot vrugte, groente en sappe – geen vette of olies nie.
Neem drie ure na jou Saterdagmiddagete ‘n dosis engelse sout (‘n eetlepelvol in water). Was die smaak weg met ‘n mondvol water. Herhaal die dosis na twee ure. Die engelse sout maak dat die buise ontspan sodat die stene makliker uitgedryf kan word.
Neem pomelosap en/of appelsap vir aandete
Voordat jy gaan slaap, neem ‘n halwe koppie olyfolie (effe warmgemaak) deeglik gemeng met ‘n halwe koppie pomelosap totdat dit ‘n waterige tekstuur vorm. Neem dan nog ‘n halwe koppie olyfolie, deeglik met ‘n halwe koppie vars suurlemoensap gemeng.
Gaan dadelik bed-toe, lê vir 30 minute op jou regtersy, trek dan jou regterbeen op tot naby jou bors en raak rustig aan die slaap.
Los Sondagoggend nog ‘n eetlepelvol engelse sout in water op en neem dit op jou nugter maag. Wag vir ‘n uur, drink dan vrugtesap an daarna, as jy wil, eet vrugte vir ontbyt.
In hierdie stadium sal diaree intree wat die galstene en ander galkristalle sal uitskei. Sommige mense sal honderde stene uitskei en sal verbaas wees oor hoe goed hulle voel.
Dit bring ook verligting van pyn in die laerug en die ingewande, swak immuniteit, kroniese moegheid, artritis, allergieë, kroniese hoofpyn en migraine, selfs vetsug.
Persone wie se galblaas verwyder is moet versigtig wees vir die geringe moontlikheid van komplikasies, veral indien kunsbuise ingeplant is. Sulke kunsbuise kan nie verwyd nie en dan kan galstene daarin vassit. Daar is in elk geval altyd die moontlikheid dat galstene vassit en dan moet daar sjirurgies ingegryp word.
Probiotika
Dit is belangrik om na afloop van hierdie prosedure probiotika aanvullers te neem om die vriendelike ingewandsbakterieë te herbevolk. Ons beveel aan dat jy verkieslik Floraplex van Sportron gebruik omdat dit ‘n produk met kwaliteit van hoogstaande gehalte is wat voldoende hoeveelhede van die regte kombinasies van probiotikas bevat.
Belangrik:
Voordat hierdie proses aangepak word moet die dikderm eers gereinig word om ‘n uitlaat te skep sodat die lewer gifstowwe kan uitskei. Volg hierdie riglyne: http://verslank.net/begin-met-detoksifisering/
Besoek en hou asb van ons Facebookblad by https://www.facebook.com/gesond.verslank