Maak oefening ‘n plesier

Oefening hoef nie ‘n pyn te wees nie.  Oefening kan wonders doen vir jou gewig, spierkrag, uithouvermoë, beensterkte, soepelheid, produktiwiteit en algemene gesondheid. 

Die sleutel is verskeidenheid, balans en matigheid. Pas jou oefenprogram by jou behoeftes en geaardheid aan sodat dit vir jou ‘n plesier is en nie ‘n oorlas nie.    

Verskeidenheid:

Kies soveel oefenaktiwiteite as wat jy geniet. Dan hoef dit nie ‘n pyn te wees om dit by jou lewenstyl in te pas nie.

Balans:

Verskillende oefeninge bied verskillende voordele. Dit is belangrik om jou oefenpatroon te varieer.

Oefening moet kardiovaskulêre uithouvermoë, spierkrag, beensterkte en soepelheid bou. Jou keuses kan byvoorbeeld flink stap, trappe op- en afklim, fietsry, swem, dans, tennis, aërobie, gholf, muurbal of ‘n oefenfiets insluit. As jy gholf kies, stap flink al drentel jou speelmaats. 

Matigheid:

Oefen om fiks te bly sonder om dit te oordoen. Die goeie nuus is dat jy nie elke dag ‘n uitputtende roetine hoef te volg nie. Aanbevelings varieer, maar ‘n goeie algemene riglyn is 30-40 minute van matige oefening op die meeste dae van die week.

Opsommend:

Oefen 30-40 minute per dag op die meeste dae. Kombineer dit met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat jy geniet.  

Beheer die effek van ontbranding in jou liggaam Oefening genereer meer energie en hitte omdat voedsel vinniger verbrand word. Hierdie proses skei gifstowwe af, soos die rook van ‘n vuur.

Die liggaam benodig meer anti-oksidante as wat die normale, moderne dieet kan verskaf om hierdie gifstowwe te neutraliseer. Ultragard bevat die mees kragtige kombinasie van anti-oksidante wat aan die wetenskap bekend is.  

Ons sal jou graag help met meer inligting oor Ultragard as veilige en doeltreffende hulpproduk vir jou verslankingsprogram, om jou te help om jou gewig te beheer, jou immuniteit te verbeter, veroudering teen te werk en vir meer energie.

Kontak ons (kyk die “Kontak” skakel in die keuselys bo en na links) vir meer inligting, met vermelding van waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area.  

You may also like...