Moet Suid-Afrikaners ophou braai?

 

Ophou braai? Nog nooit! Doen dit net reg

Dit was nog altyd vir my moeilik om iets teen vleisbraai te publiseer. Ek geniet dit immers net so baie soos enige ander buitelugliefhebbende Suid-Afrikaner. ‘n Vleisie op die kole bly darem ‘n groot lekkerte. Veral vir diegene van ons wat deesdae die eienaardigste plekke, wêreldwyd bewoon.

Wanneer vleis of enigiets anders egter op ‘n oop vuur, op ‘n plaat of in olie gebraai word, vorm daar kankerwekkende (karsinogeniese) gifstowwe. Dit is egter ook waar dat ons deurlopend allerlei karsinogene inneem, selfs met groente. Daarom hierdie nuusbrief – om jou van die baie belangrike beskermingsmiddele in te lig wat die Skepper vir ons in die natuur ingebou het. Dit word antioksidante genoem.

Wanneer jy vleis in water kook eerder as om dit te braai, skakel jy die vorming van skadelike gifstowwe uit. So byvoorbeeld, sal vleis in ‘n sop of in ‘n ysterpot gaargemaak die probleem van kankerwekkende karsinogene vermy. Om vleis te kook is dus ‘n gesonder gaarmaakmetode.

Laat ons egter eerlik wees… gebraaide vleis smaak darem baie anders as gekookte vleis. Daar is geen manier waarop ons Suid-Afrikaners oorreed gaan word om af te sien van braaivleis nie!

Die goeie nuus is dat daar ‘n manier is om kruie en speserye te gebruik om die vorming van gifstowwe wanneer jy braai drasties te verminder.

Hier is die geheim:

Marineer jou vleis vir ten minste ‘n paar uur voordat jy braai in vloeibare mengsels wat roosmaryn en ander kruie en speserye bevat. Dit bevorder nie alleen die smaak nie, dit kan ook dramaties bydra om kankerwekkende gifstowwe wat vorm wanneer jy braai te verminder.

Dit blyk dat die baie kragtige antioksidante in hierdie kruie die vorming van karsinogene verhoed. As jy dus jou vleis voor die tyd met roosmaryn, tiemie, knoffel, origanum en ander speserye marineer kan jy die karsinogene wat normaalweg in gebraaide vleis sou vorm, drasties verminder. Dit verseker dat jy ‘n gesonder ete kan geniet wat ook sommer baie lekker smaak!

Marinades wat die antioksidante in roosmaryn en tiemie bevat word spesifiek in studies aangehaal as kragtige inhibeerders van die vorming van karsinogene wanneer vleis gebraai word. Daar is ook bevind dat ander speserye soos knoffel en origanum die vorming van gifstowwe teenwerk. Ek stel dus voor dat jy ‘n verskeidenheid kruie in marinades gebruik vir beter gesondheid, meer gemoedsrus en heerlike smaak!

Nog iets belangrik oor braaivleis:

Hoe langer jy jou vleis braai hoe meer gifstowwe word gegenereer. Onthou dus dat daardie verskroeide stukkie vleis ‘n hoër konsentrasie van kankerwekkende karsinogene bevat. Ek het nog nooit verstaan waarom iemand verkies om ‘n goeie stukkie vleis te vernietig deur dit te verbrand nie. As jy egter daarvan hou om jou vleis goed gaar te maak, onthou dat jy sodoende baie meer karsinogene vorm en inneem as wanneer jou vleis minder gebraai word. Laai dus veral die antioksidante (speserye, tee, bessies, ens.) om te help om daardie ekstra gifstowwe te verminder.

Kombineer jou gebraaide ete met ‘n glas onversoete koue groen tee (ryk in antioksidante) en ook ‘n goeie slaai met baie rou groente. So sal jy die antioksidante inneem wat nodig is om die effek van karsinogene in jou gebraaide kos teen te werk. Rooiwyn is ook ryk aan antioksidante, wat veral uit die skil en die pit van die druif afkomstig is.

Hou in gedagte dat enigiets, selfs groente wat op die rooster gebraai word verskillende karsinogene soos acrylamides skep. Moet dus nie dink dat die negatiewe uitwerking van braai slegs van toepassing is op vleis nie.

Ons kuier almal lekker om die braaivuur. Dit is nie nodig om dit prys te gee ter wille van karsinogeenvorming nie. Jy weet egter nou ten minste hoe om kruie en speserye te gebruik om die kankerwekkende gifstowwe in gebraaide kos drasties te verminder. So kan jy jouself teen die gesondheidsnadele van gereelde braaiery beskerm!

Geniet jou volgende braai meer as ooit omdat jy weet dat jy dit op ‘n gesonder manier doen en omdat dit nog lekkerder as ooit smaak!

 

Lag ‘n slag

Notice in a farmer’s field:

The farmer allows walkers to cross the field for free, but the bull charges!

 

‘n Uitstekende, splinternuwe geleentheid

Hoe om binne ‘n jaar meer as R20 000 per maand risikovry te verdien!

Verbeter terselfdertyd jou veiligheid

Gratis mentorskap

Vra vir meer inligting by jan@verslank.net

 

You may also like...