‘n Bybelse perspektief oor oorgewig
Oorgewig: ‘n Bybelse Perspektief
In die tyd van die Nuwe Testament [3 Joh.:2] was daar ‘n gewilde dwaling, naamlik dat die gees en die liggaam geskei moet word. Daar is geglo dat die liggaam ondergeskik en verwerplik is.
Vandag is daar steeds baie mense wat in dieselfde slaggat trap.
Jesus sien ons egter as ‘n eenheid van liggaam en gees. Ons liggame is immers ‘n tempel van die Heilige Gees. [1 Kor. 6:19]
As verantwoordelike volgelinge van Jesus is dit ons plig om om te sien na ons liggaamlike behoeftes en ons liggame so te dissiplineer, dat ons God se werk volgens Sy wil en na die beste van ons vermoë kan doen.
Dit is moeilik vir die Lig wat uit ‘n liggaam skyn wat onfiks, swak versorg en aan wanvoeding blootgestel is, om aantreklik te wees vir die wêreld. Image
DR MARIUS
Besoek gerus http://drmarius.com vir baie sinvolle en weldeurdagte pitkos oor geloofsake en gesondheid