Ek het hulp/gebed baie nodig.
Ek word 11 Januarie 2013 40. Ek weeg 116 en is 1.5m lank wat beteken ek is meer as myself oorgewig.
Ek het al alles probeer maar kan dit net nie regkry nie. Sodra ek op ‘n dieet program is en ek doen iets verkeerd dan kry ek ‘n angs aanval en dan ooreet ek weer heeltemal en dan is ek siek.
Die gewig neem my lewe oor. Ek verskreeu my kinders ek is ongelukkig en is nie ‘n vrou vir my man nie. Ek het hulp so baie nodig. Enige iets.
Ek hoop dat julle raad gratis is want finaniseel kan ek nie iets doen nie.
Ek is jammer. Wil nie my probleem joune maak nie, maar ek het net hierdie hulp so bitter nodig.
Baie baie dankie.