‘n Oplossing vir die kommerwekkende toename in outo-immuuntoestande
Ons sien en hoor byna daagliks van nuwe, hartseer gevalle van verswakkende gesondheid weens “ongeneeslike” outo-immuuntoestande. Gevolglik was ek en Juanita baie bly toe ons ontdek, deur BAIE getuienisse op skrif en getuienisse van mense met wie ons persoonlik kontak het, dat glikonutriënte BESLIS outo-immuunsiektes aanspreek – en dit sonder enige newe-effekte!
Die triljoene selle in ons liggame kommunikeer met mekaar om te weet watse voeding, beskerming, herstel of selfs vernietiging hulle nodig het. Hierdie kommunikasie is baie belangrik – daarsonder sal die selle nie weet hoe om goeie gesondheid in die liggaam te bevorder nie. ‘n Swak of ongebalanseerde dieet ondermyn hierdie lewensbelangrike kommunikasievermoë sodat die liggaamselle nie weet wat nodig is om goeie gesondheid te handhaaf nie.
Wetenskaplikes het ook ontdek dat swak sel-tot-sel kommunikasie die hoofoorsaak van outo-immuunsiektes en kanker is.
Daar is egter bevind dat geteikende voeding met gespesialiseerde plantmateriaal bekend as glikonutriënte hierdie belangrike kommunikasie tussen selle verbeter. Ongelukkig is dit ook waar dat selfs kos van goeie gehalte in die moderne dieet selde genoeg glikonutriënte bevat om hierdie belangrike funksie te laat plaasvind.
Daar bestaan GEEN medikasie wat outo-immuunsiektes kan genees nie, want daar is nog nie ‘n sintetiese alternatief vir glikotegnologie nie. Deur die voorsiening van glikos stel Mannatech die liggaam in staat om homself te genees. Hier volg voorbeelde van die toestande wat kan baat vind by die “genesende” effek van hoë dosisse van Mannatech se glikos genaamd “Advanced Ambrotose”:
- Fibromialgie
- Kanker
- Parkinson se siekte
- Alzheimer se siekte
- Veelvuldige sklerose
- Psoriase
- Klassieke Hodgkins Limfoom in die tweede stadium, ‘n vorm van bloedkanker
- Ankiloserende spondilitis
Ons sal graag meer inligting en ook persoonlike getuienisse oor die werking van hierdie wonderlike voedingstowwe beskikbaar stel. Klik by “Kontak” en laat weet waaroor jy graag meer wil weet.
Of klik hier om direk by die verskaffers meer inligting te bekom of om bestellings te plaas: