Nog ‘n Evangelie?
Die Evangelie vir die Liggaam
Daar is ‘n siening dat die Evangelie vir die mens se siel bedoel is. Die liggaam is gevolglik minderwaardig en dus van minder belang. So ‘n sienswyse bots egter lynreg met talle Skrifaanhalings wat die belangrikheid van die liggaam beklemtoon, voorskrifte gee oor liggaamlike gesondheid, voeding en bowe al, aandui dat God deur sy Gees by ons (in die liggame van Sy kinders) sy woonplek kom maak het.
Ons gee baie aandag aan ons eie woonplekke, sodat ons trots daarop kan wees. Behoort ons dan nie die Allerhoogste God se woonplek as selfs nog baie belangriker te beskou nie?
Voeding vir die liggaam
Ons Skepper het dit goed gevind om ons so te maak dat ons al ons kos op ‘n rustige wyse uit die natuur moet kry. Daarvolgens moet ons elke dag ‘n groot verskeidenheid groente en vrugte te eet wat sonder inmenging op natuurlike wyse groei en ryp word en wat ons self moet gaan soek en oes.
Hoe verder en vir hoe langer ons afwyk van hierdie Godgegewe resep van natuurlik-gekweekte gewasse, bekom deur gereelde gesonde oefening in ‘n stresvrye omgewing, hoe meer sal die resultate in swak immuniteit, leefstylverwante gesondheidsprobleme en bedenklike lewenskwaliteit na vore kom.
Prakties gesproke beteken dit dat selfs die vars produkte uit winkelrakke nie voldoen nie, omdat:
-
die verkryging daarvan nie gepaard gaan met genoeg inspanning en oefening nie;
-
produkte in grond gekweek word wat grootliks uitgeput is van natuurlike spoorelemente;
-
die omgewing waar die gewasse gekweek word besoedel is met gif- en bemestingstowwe;
-
produkte te vroeg gepluk word sodat die natuurlike rypwordproses eers kunsmatig vertraag en dan weer kunsmatig aangehelp word;
-
produkte lank op die rak gehou word, dikwels met behulp van onnatuurlike stowwe wat raklewe verleng en sodoende vitamines vernietig;
Nog faktore wat bydra tot die probleem is:
-
produkte word in die huis onder verkoeling of selfs bevrore gehou;
-
veral groentesoorte word gekook, dikwels met te veel water en teen temperature wat te hoog is, sodat vitamines vernietig en/of weggespoel word;
-
ons kombineer te dikwels verkeerde kossoorte en sluk dit met water of watergebaseerde drankies af.
Reeds 20 jaar gelede het die Universiteit van Rutgers in die VSA ‘n studie gepubliseer wat aandui dat varsprodukte op die winkelrak met minstens 87% verarm is van noodsaaklike mikrovoedingstowwe. Die werklike situasie is egter selfs veel erger omdat hierdie tekorte ook lei tot groot wanbalanse in die verhouding van die voedingstowwe wat wel in vars produkte teenwoordig is.
Sulke wanbalanse veroorsaak dat daardie voedingstowwe wat wel in die gewasse teenwoordig is baie swak of selfs gladnie deur die liggaam benut kan word nie. Daar is byvoorbeeld ‘n baie belangrike korrelasie tussen die hoeveelhede kalsium, magnesium en kalium in jou kos. Indien hierdie verhouding versteur word, kan dit daartoe lei dat een, twee of aldrie hierdie belangrike minerale nie deur die liggaam benut kan word nie. Daar is ook soortgelyke kritiese balanse tussen minerale, vitamines en ander mikro-elemente in ons dieet.
10 jaar gelede het die gesaghebbende JAMA (Journal of the American Medical Association) erken dat daar ‘n probleem is. Hierdie bakermat van konvensionele medisyne het toegegee dat elke persoon daagliks ‘n multimineraal- en vitamin aanvuller behoort te neem.
‘n Mynveld
Die mark vir aanvullers het in die afgelope paar dekades so toegeneem dat dit groot rolspelers lok. Elke verspreider van aanvullers opper oortuigende argumente wat “bewys” dat hulle produk beter is as die res. Die probleem kom by bewyslewering. Ongelukkig is daar te min mense wat sulke lukraak aansprake bevraagteken en minder instansies wat behoorlik beheer oor die verspreiding van halwe waarhede of selfs blatante leuens kan uitoefen.
Daar is egter een ligstraal: ‘n produk waarvan die tegnologie aan die strengste denkbare toetsing onderwerp is. In 1990 is die Foodstate® deurbraak in die Amerikaanse howe bevraagteken. ‘n Farmaseutiese reus het 3 miljoen dollars aan ‘n hofsaak bestee en onder andere NASA se kern-magnetiese resonans tegnologie ingespan om te bewys dat Foodstate® se aansprake nie waar is nie. Die Foodstate® deurbraak het egter alle toetse met vlieënde vaandels geslaag.
Die betrokke farmaseutiese maatskappy se reaksie was om die tegnologie te probeer koop, maar ook hierin het hulle gefaal: die direksie van Sportron Internasionaal was op hoogte van die deurbraak en het reeds die transaksie beklink. Foodstate® produkte word nou in Afrika onder die vaandel van Sportron bemark. Daarom kan hulle met vertroue verklaar dat hulle tegnologie die bewese beste waarde vir geld bied. Die rede hiervoor is kortliks omdat dit die opneembaarheid van die nutriente met meer as vyfmaal (in die meeste gevalle tienmaal en in sommige gevalle, soos by vitamine C, sestien maal) verhoog.
Wil jy jou vitamines in die toilet sien afspoel as duur urine of wil jy met vrymoedigheid ‘n produk neem wat jy weet vir jou die beste waarde vir jou geld gee omdat jou liggaam dit behoorlik benut? Die keuse is joune.
Lag ‘n slag: (Dis ‘n uitstekende immuniteitbouer…)
Women will never be equal to men until they can walk down the street with a bald head and a beer gut, and still think they are sexy.