Is dit noodsaaklik om te verslank?
Waarom is dit nodig om te Verslank?
Volgens Weigh-Less Magazine, Mei 2005 is vetsug ‘n siekte. Dit is ook een van die vernaamste oorsake van voorkombare sterftes.
Die toestand lei onder andere tot depressie. Ernstige depressie beïnvloed meer as 340 miljoen mense wêreldwyd en is nou waarskynlik die tweede belangrikste rede vir ongeskiktheid in die wêreld.
Oorgewig moet as ‘n baie komplekse siekte behandel word
Onder die meer as 300 miljoen mense wie se lewens deur vetsug aangetas word, is daar ’n onrusbarende en toenemende getal kinders.
Nie minder nie as 8% van die totale koste vir gesondheidsorg in sommige Westerse lande word bestee aan vetsug, verwante probleme en verslanking.
Vetsug is nie net ’n estetiese probleem nie. Hierdie baie ingewikkelde probleem hou verband met diabetes, aarverharding (arteriosklerose) en ander gesondheidsprobleme en oorsake van dood.
Vra die Here om vir jou iemand te wys wat lyk asof hy/sy ’n problem met vetsug het. Oorweeg dit om vir daardie persoon te bid en hom/haar aan te moedig om kundige en veilige hulp te kry om te verslank. Bied aan om op ‘n gereelde basis vir die persoon te bid en vra toestemming om ‘n gebedsversoek aan ander voorbidders deur te gee.
Moedig die persoon gereeld aan, met sensitiewe empatie en opregte belangstelling. Gee wenke deur wat kan help. Kyk na www.verslank.net en ondersoek ander betroubare bronne vir sinvolle riglyne. (Met erkenning aan Jerigo Mure Gebedsgids, 28 November 2005)
Aanhaling: The quality of your life is dependent upon the quality of the life of your cells. If the bloodstream is filled with waste products, the resulting environment does not promote a strong, vibrant, healthy cell life-nor a biochemistry capable of creating a balanced emotional life for an individual.
Outeur: Anthony Robbins 1960-, Amerikaanse Outeur, Spreker, Hoëwerkverrigtingsdeskundige en Konsultant