Oefening ondermyn gesondheid
Oefening kan jou Gesondheid Ondermyn
Oefening genereer hitte en gifstowwe
Die belangrikheid van oefening vir goeie gesondheid en om verslanking te bevorder is alombekend. Daar is egter beperkings, en soos met baie dinge is meer nie altyd beter nie. Te veel van ‘n goeie ding skep gewoonlik probleme; netso kan oormatige oefening jou gesondheid erg benadeel.
Die warm gevoel en sweet tydens en na ‘n lekker oefensessie is die gevolg van vinnige verbranding van voedsel. Hierdie verbranding genereer hitte wat besoedelende gifstowwe vrylaat, net soos wat ‘n vuur rook en ander afvalstowwe veroorsaak.
Die implikasie is dat, hoe meer energie jy genereer, hoe meer skadelike afvalstowwe kom in jou liggaam voor. Dit versnelde verbranding van voedsel is een van die redes waarom oefening help met gewigverlies, maar daar moet ook rekening gehou word met die negatiewe impak wat die skadelike afvalstowwe en gifstowwe uitoefen.
‘n Natuurlike Proses
Hierdie afskeidings is ‘n natuurlike proses, en die liggaam word ook deur die natuur toegerus om dit teen te werk. Die voedingstowwe wat hierdie belangrike reinigende en beskermende funksie verrig word anti-oksidante genoem. Hulle kom voor in die groente en vrugte wat die grootste deel van ‘n gesonde eetplan moet uitmaak.
Ongelukkig het die liggaam deesdae meer anti-oksidante nodig as wat die uitgeputte groente en vrugte op die winkelrakke kan verskaf. Die gewone en selfs die buitengewoon goeie moderne dieet is reeds gebrekkig aan voldoende anti-oksidante. Die bykomende anti-oksidante wat die liggaam nodig het om die gifstowwe wat deur oefening gegenereer word te neutraliseer kan nie uit voedsel wat van die winkelrakke af kom voorsien word nie. Daar is talle redes hiervoor, waaroor in meer detail uitgewy word by hierdie skakel
Die uiteinde van die saak is dat ‘n sinvolle, gebalanseerde program van voedselaanvulling vir almal ‘n wyse belegging in langtermyn gesondheid is. Dit is veral waar vir persone wat gereeld aan strawwe oefening blootgestel word.
Oefen varierend, gebalanseerd en matig
1. Verskeidenheid
Kies soveel oefenaktiwiteite as wat jy geniet. Dan hoef dit nie ‘n pyn te wees om dit by jou lewenstyl in te pas nie. Verskillende oefeninge bied verskillende voordele. Dit is egter belangrik om jou oefenpatroon te varieer.
2. Balans
Oefening moet kardiovaskulêre uithouvermoë, spierkrag, beensterkte en soepelheid bou. Jou keuses kan byvoorbeeld flink stap, trappe op- en afklim, fietsry, swem, dans, tennis, aërobie, gholf, muurbal en ‘n oefenfiets insluit.
3. Matigheid
Oefen om fiks te bly sonder om dit te oordoen. Die goeie nuus is dat jy nie elke dag ‘n uitputtende roetine hoef te volg nie. Aanbevelings varieer, maar ‘n goeie algemene riglyn is 40 minute van matige oefening op die meeste dae van die week.
Kompenseer as jy hard oefen
Indien jy aan intensiewe, hoogs kompeterende of maraton-tipe sport deelneem, neem jou liggaam se behoefte aan anti-oksidante dramaties toe omdat die aftakelende effek van die groter hoeveelheid gifstowwe wat die oefening veroorsaak jou immuniteit afbreek en versnelde veroudering in die hand werk.
Neutraliseer hierdie gifstowwe met Ultragard wat in een dosis die heilsame ekstrakte van bykans R100 se groente en vrugte bevat.
‘n Goeie bron van anti-oksidante
Anti-oksidante wat oor soortgelyke eienskappe as natuurlike voedsel beskik, bied goeie waarde vir geld omdat hulle ongeveer tienmaal beter as ander produkte benut word.
Die kragtigste en mees omvattende kombinasie van anti-oksidante wat aan die mensdom bekend is, word in een enkele daaglikse dosis van ‘n enkele produk gevind. Ultragard word allerweë erken as die ideale aanvuller wat elke volwassene elke dag behoort te neem. Indien jy op jou dieet sou wou staatmaak om die mikro-bestanddele wat dit bevat via dit wat jy eet in te neem, sal jy elke dag ongeveer R100 se organies-gekweekte groente en vrugte moet eet.
Lees meer oor die bestanddele van hierdie merkwaardige produk by hierdie skakel
Die gepatenteerde tegnologie stel al hierdie heilsaamheid vir slegs ongeveer R10 per dag tot jou beskikking.
Kontak ons vir meer inligting oor Ultragard en laat weet waar jy woon sodat ons jou kan adviseer oor bekombaarheid in jou area.
Slotsom
Gereelde, matige oefening is onontbeerlik vir goeie gesondheid maar om balans te herstel, is dieetkundige aanpassings ook nodig.
Oefen 40 minute per dag op minstens 4 dae per week. Kombineer dit met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat jy geniet. As jy oormatig oefen, beskerm jou liggaam met ‘n groter as normale dosis van anti-oksidante.
Tree met vrymoedigheid in die huwelik…’n goeie vrou sal jou gelukkig maak; as jy ‘n slegte een kry, sal jy ‘n filosoof word
– Socrates (My vertaling)