Omega-olies, kalsium en magnesium

Die rol van omega-olies, kalsium en magnesium in jou dieet

Die Omega-olies

Daar word baie uitlatings in die media, advertensies en in privaat gesprekke gemaak oor die gesondheidsvoordele van Omega 3, Omega 6 en deesdae selfs Omega 9 – om jou hart in ‘n goeie toestand te hou, om jou vel te versorg ens. Maar presies wat is hierdie olies, wat doen hulle en waar vind jy hulle?

Goeie vette

Omega 3 en Omega 6 is twee soorte poli-onversadigde vetsure (goeie vette). Daar is twee vorms van Omega 3 – ‘n noodsaaklike vetsuur (noodsaaklik omdat jou liggaam dit nodig het vir die handhawing van goeie gesondheid en dit net deur wat jy eet kan bekom). Een vorm kom in groente-olies soos raapsaad-olie en lynolie voor. Die ander vorm daarvan kom van olierige vis soos makriele en harders.

Die twee soorte Omega 3 werk op verskillende maniere om jou hart te beskerm. Maak dus ‘n goeie gewoonte daarvan om as deel van jou gesonde, gebalanseerde dieet olierige vis een- of tweemaal per week te eet. ‘n Uitstekende basis vir so ‘n dieet is te vinde by “Eetplanne”.

Omega 6 is ‘n ander noodsaaklike vetsuur wat jy in saadolies soos sonneblomolie en produkte wat hierdie olies bevat vind. Ons kry normaalweg genoeg Omega 6 olies in ‘n normale, gesonde dieet.

Terwyl Omega 3 olies help om jou hart in ‘n puik toestand te hou, speel Omega 6 vette ‘n belangrike rol by die bestuur van jou bloedkolesterolvlakke.

Benewens die voordele vir ‘n gesonde hart en bloedvatstelsel bied die daaglikse inname van noodsaaklike vetsure goeie uitkoms vir volwassenes sowel as kinders wat probleme ervaar met hulle ledemate, met velprobleme, hormonale wanbalanse, bloedsuikerwanbalans en konsentrasie- of aandag-afleibaarheidsprobleme.

Ons eetpatroon het ingrypend agteruitgegaan

Bevindings wat van epidemiologiese en dieetkundige studies bekom is dui op betekenisvolle veranderings aan die oorhoofse dieet van die mens oor die afgelope 150 jaar. Hierdie bevindings dui veral op veranderings in die tipe en hoeveelheid noodsaaklike vetsure sowel as die hoeveelheid anti-oksidante in voedsel.

Hierdie veranderings in voedselverskaffing word deur agri-besigheid en veranderings in voedseltegnologie gedomineer. Dit het ‘n wesenlike invloed tot die mate dat die huidige westerling se dieet ongeveer 15 dele Omega 6 teenoor 1 deel Omega 3 bevat terwyl die ideale verhouding 1 tot 1 is.

Die probleem word vererger deur die feit dat die produksiekoste van die Omega 3 olies meer is as dié van die Omega 6. Tipiese aanvullers wat op winkelrakke uitgestal word bevat gevolglik hopeloos te min van hierdie duurder komponent omdat die meerderheid verbruikers produkte met “laer” pryse kies. Alhoewel goedkoop nie ALTYD duur koop is nie, is my ervaring dat dit in die voedselbedryf en veral by aanvullers sonder uitsondering die geval is.

Hierdie hoë Omega-6 tot Omega-3 verhouding bevorder talle kroniese siektes terwyl hoër Omega-3 vetsuurvlakke neig om kroniese siektes te onderdruk. Dit het derhalwe duidelik geword dat ‘n laer Omega-6 tot Omega-3 verhouding nodig is vir die voorkoming en bestuur van kroniese siektes. Dit maak derhalwe goeie wetenskaplike sin om met veral Omega 3 aan te vul.

Die bron

Sedert my eerste kennismaking met hierdie belangrike inligting in 1993 was ek bevoorreg om ‘n betroubare bron te ken, een wat nog altyd doeltreffendheid, gehalte en hoeveelhede belangriker ag as kompeterende pryse. Die maatskappy is Sportron en die produk, Omegatone 3. Dit bevat al die nodige hoë hoeveelhede Omega 3 vetsure naamlik DHA en EPA sowel as hulle belangrike ko-faktore, Vitamine B6, Magnesium en Sink vir optimale opname en benutting in die gepatenteerde Foodstate (geregistreerde handelsmerk) tegnologie.

Produkte wat spog met Omega3, 6 en 9 asof meer beter is, lei jou om die bos. Jy het nie die goedkoper Omega 6 en 9 nodig nie. Inteendeel, jy kry reeds te veel daarvan en die nadele is reeds hierbo uitgespel.

Kalsium en Magnesium

Daar word ook baie aandag in die media en in gesprekke gegee aan die kritieke rol wat kalsium en magnesium in ons gesondheid speel. Hier by die Gesondheidsgesin word die rol van hierdie lewensbelangrike minerale ook hoog ge-ag. Die rol wat hulle in die liggaam se kritieke pH-balans speel kan nie oorbeklemtoon word nie. Lees heelwat meer oor hierdie belangrike gesondheidsonderwerp deur die soekwoord “kalsium” in te tik.

Voedsel is en bly altyd die beste en belangrikste bron van al ons noodsaaklike mikrovoedingselemente. Die veranderings in die mens se dieet oor die afgelope 150 jaar, waarna reeds verwys is, het dit egter bykans noodsaaklik gemaak vir veral vroue om te fokus op kossoorte wat kalsiumryk is en om daarbenewens nog steeds gereeld kalsiumaanvullers te neem.

Vroue, doen dit in jul jeug

Hierdie fokus is veral belangrik by vroue jonger as 35, omdat beendigtheid slegs tot min of meer op daardie ouderdom kan opbou. Daarna neem dit lewenslank geleidelik af. Indien jou beendigheid dus op ouderdom 35 hoog is, is jou weerstand teen osteoporose en gepaardgaande suurvorming, lae immuniteit en kroniese en degeneratiewe siektetoestande vir die res van jou lewe redelik laag. Indien jou beendigtheid egter teen die ouderdom 35 reeds laag is kan jou kalsiumreserwes op relatief vroeë ouderdom uitgeput raak. Dit lei byna onafwendbaar in jou latere leeftyd tot aftakelende toestande en swak lewenskwaliteit.

Kalsium, die sleutel

Heelwat aandag word aan kalsium gegee omdat hierdie mineraal die sleutel is tot die opname en benutting van alle ander minerale, onder andere ook magnesium. Indien jy dus nie voldoende kalsium inneem of benut nie sal jy ‘n toenemende tekort aan alle minerale in jou liggaam ervaar.

Hier is die kossoorte wat kalsium en magnesium kan verskaf:

Kalsium

• Cheddarkaas

• Amandels

• Brouersgis

• Pietersielie

• Graan “tortillas”

• Pruimedante

• Pampoensaad

• Gekookte droë bone

• Kool

Magnesium

• Koringkiem

• Kasjoeneute

• Brasiliaanse neute

• Grondbone

• Amandels

• Pecan-neute

• Knoffel

• Rosyne

• Groen ertjies

Maak seker jy mors nie geld nie

Die kalsiumaanvullers wat jy neem moet in voedselvorm wees, anders tree bykomende probleme na vore as gevolg van swak opneembaarheid. Boonop is dit ‘n vermorsing om kalsium te koop wat onbenut in die liggaam rondswerf of eenvoudig weer uitgeskei word.

Sportron kom weer eens tot die redding met bewese tegnologie, by name Foodstate (geregistreerde handelsmerk) wat ongeëwenaard in Afrika is. Calcitone bevat natuurlik ook magnesium en die ander ko-faktore wat optimale benutting help verseker. Hou egter in gedagte dat suiker in al sy vorme jou inname en benutting van kalsium, en dus ook al die ander minerale, blokkeer.

Kontak ons vir meer inligting oor Calcitone en Foodstate (gereg. handelsmerk) tegnologie. Laat weet asb. terselfdertyd waar jy woon sodat ons jou oor verspreidingspunte kan adviseer.

Gratis e-posadresse

Het jy al die onnodige beslommernis ervaar om jou e-posadres te moet verander bloot omdat jy na ‘n ander Internetverskaffer oorskakel?

Kan ek vir jou ‘n gratis …@verslank.net e-posadres aanbied? Dit verhoog die sigbaarheid van ons verslank.net domein en webblad, dit kos jou niks en jy hoef nie weer jou e-posadres te verander nie, selfs al verander jou Internetverskaffer.

Laat my weet wat jy voor die “@” wil insit en welke e-posprogram jy gebruik, dan stuur ek vir jou die instellings wat jy nodig het om jou e-posadres te aktiveer.

You may also like...