Pas jou longe goed op – jou lewe hang daarvan af!

Selfsorg – die longe

Meer mense sterf waarskynlik wêreldwyd aan longkwale as aan enige ander toestand. Skade aan hierdie belangrike organe kan hoofsaaklik aan rook, besoedeling en respiratoriese infeksies toegeskryf word – maar al hierdie bedreigings is beheerbaar. Daar is egter verskeie raakpunte tussen longkwale en ander siektes soos dementia, hartversaking, spysverteringstoestande, auto-immuun- en neurologiese toestande en vetsug.

Gemeenskaplike faktore by alle longtoestande is kroniese inflammasie, skade deur vrye radikale en verlaagde suurstofinname. Daar bestaan slegs beperkte konvensionele behandelingsmetodes vir hierdie toestande. Wat nou gemaak?

Dieet: Longtoestande reageer positief op hoë suurstofinname en voedsel wat ryk is aan sekere phytonutriënte. ‘n Anti-inflammatoriese dieet en doelgerigte voedselaanvulling kan longfunksie verbeter. Voedsel en drinkgoed wat ryk is aan anti-oksidante, soos appels, rooi wyn en groen tee kan inflammasie verlaag en respiratoriese funksionering verbeter. Daar is ook puik aanvullers wat ‘n hoë inname van anti-oksidante en phytonutriënte verseker.

Long-gesondheid word deur gereelde detoksifikasie van alle gifstowwe, veral swaarmetale, bevorder. “Chelateo” van Nacare (info@nacareherbals.org) is ‘n kruiemengsel wat swaarmetaaldetoksifikasie aanhelp.

Oefening: Dit kan moeilik wees om gereelde oefening gedoen te kry as jy aan longtoestande soos asma ly. Dit bly egter belangrik om te doen wat jy kan. Daaglikse lae-intensiteit fisiese aktiwiteit, soos stap, wat nie stremmend op jou liggaam is nie maar sirkulasie bevorder sal longkapasiteit verhoog, inflammasie teenwerk, energie bou en kalmerend werk. Probeer om gaandeweg die tydsduur en intensiteit te verhoog.

Asemhaling: Diep asemhaling versterk die longe. Vul die longe eers van onder af, dan die bo-deel. Voel met jou hand hoedat die diafragma af- en uitwaarts beweeg terwyl die skouers gelyk bly. Maak daarvan ‘n gewoonte om dit elke dag ‘n paar keer vir ‘n paar minute lank te herhaal en voel die verskil!

Aanvullers: Nacare se puik kruiemengsel “Respirateo” kan lugweginflammasie teenwerk en respiratoriese immuniteit verbeter.

Vitamine D3 is kritiek vir long- en respiratoriese gesondheid: dit verbeter immuniteit, beveg inflammasie en ondersteun longfunksie.

Probiotiese bakterië ondersteun die respiratoriese sisteem en kan agteruitgang stuit by persone met sistiese fibrose. Dit is ook voordelig vir asmalyers en persone met ander longkwale.

Anti-oksidante: vitamines A, C and E: Hierdie belangrike voedingstowwe, veral as jy dit in voedselvorm (soek na Foodstate® tegnologie) inneem, beskerm jou immuniteit en dra sodoende by tot gesonde longe. Die longe is een van ons belangrikste organe. Sonder suurstof sterf ons binne minute. Alle liggaamstelsels is aan mekaar verbind en asemhaling verskaf lewe aan elke sel in die liggaam.

Asemnood is een van die ergste ervarings wat ‘n mens kan beleef – vermy dit ten alle koste. 

“Like” asb ons Facebookblad by: https://www.facebook.com/gesond.verslank/ (as jy meen dis die moeite werd)

 

 

You may also like...