Pasop vir hoëproteïndiëte

Hoëproteïndiëte: die voor- en nadele

Gewigverlies deur middel van hoë proteïninhoud in die dieet is gewoonlik vinnig. Die buitengewone hoeveelhede proteïninname plaas egter verhoogde druk op die niere en veroorsaak ‘n ketotiese suurtoestand in die liggaam.

Dit is gewoonlik meer raadsaam om te bly by die volgende gebalanseerde inname van die makro-nutriënte:

50-60% van energie uit koolhidraatbronne
Minder as 30% uit vette
15-20% uit proteïnbronne

Stygende gewig en talle ander gesondheidsprobleme word nie deur vette as sodanig veroorsaak nie maar deur sekere tipes koolhidrate. Hierdie voedselsoorte veroorsaak ‘n hormonale siklus wat verslawing aan stysels en suiker tot gevolg het, met gewigstoename en diabetes as eindresultaat.

Dr Atkins se hoëproteïndieet is dus korrek wat die gevaar van koolhidrate betref, maar het swak punte:

1. Vleis en suiwel is nie in sigself verkeerd nie maar dit gaan oor die tipe vleis en melk; baie slagdiere het te veel antibiotika en hormone in hulle sisteem en dit het ‘n uiters negatiewe invloed op mense wat dit eet. Ook melk bevat dikwels estrogeen hormone omdat sommige produsente koeie inspuit ter wille van hoër melkproduksie. ‘n Oormaat van estrogeen kan kankers asook allerlei probleme soos mans se “bierpens” en onvrugbaarheid veroorsaak. Organiese vleis van grasvretende diere is by verre die beste.

2. te veel diere-proteïene kan die liggaam se ph-balans omvergooi wat onder andere kan lei tot mineraalverliese, osteoporose en swak immuniteit.

(Het jy al jou gratis pH toetsstel bestel? Al wat dit jou gaan kos is om ‘n gefrankeerde koevert aan Posbus 3575 Bela-Bela 0480 te stuur. Dit kan jou lewe verander en lewens red)

3. oormatige proteïengebruik kan ketose veroorsaak; dit is ‘n toestand wat ontstaan deurdat die liggaam ketone as afvalproduk van vertering van proteïene maak, veral wanneer die liggaam se koolhidraatreserwes laag is. Dit word baie effektief teengewerk deur baie komplekse koolhidrate in die vorm van groente te eet.

4. te veel yster as gevolg van vleis kan lei tot hartsiektes en kanker.

5. die idee dat versadigde vette so gevaarlik is, is gegrond op ou navorsing waarin daar baie tekortkominge was. Nuutste navorsing dui daarop dat die grootste probleme by die volgende lê:

a. transvette – olies wat te warm gemaak is soos die meeste kookolies op die mark (behalwe “cold pressed” olies waarvan oyfolie – “virgin” die veiligste is) asook gehidroliseerde vette en olies (soos alle margariene en “shortening”)

b. te veel suiker en suikerprodukte

c. te veel graankosse – net soos by suiker word die opname van
vette hierdeur geblokkeer, word dit nie vir energie gebruik nie maar gestoor as vet.

My persoonlike oortuiging is dat die volgende lewenswyse die ideaal is:

‘n lewe met
*emosionele vryheid
*genoeg fisiese aktiwiteit
*genoeg water
*dieet hoofsaaklik van groente (meeste rou en/of gestoom)
*vrugte (veral tussen maaltye)
*kouwater-vis twee tot drie maal per week
*organiese vleis een of twee maal per week
*uitskakeling van suiker en suikerprodukte, alle verwerkte graankosse en suiwel *genoeg slaap (in donker)
*daagliks tyd vir meditering/gebed en een dag per week totale ontspanning
*’n halfuur per dag son op die liggaam
*positiewe denke en uitsprake asook baie grappe en lag.
Aanhaling: Doing good to others is not a duty, it is a joy, for it increases our own health and happiness.

Outeur: Zoroaster 628?-551? VC, Persiese Geestelike leier en stigter van Zoroastrianisme

You may also like...