Plante vir gewigbeheer en goeie gesondheid
Die Rol van Tradisie en Kultuur by die Identifisering van Plante vir Gewigverlies en Beter Gesondheid
Tradisie ontstaan deur ‘n denkwyse, manier van dink of doen wat mense van ‘n bepaalde groepering, gesin of gemeenskap vir generasies lank volg.
Wat gesondheid en heilsaamheid betref sou dit produkte en praktyke insluit wat inheems aan bepaalde kulture is wat gebruik word om gesondheid te bevorder en fisiese- of geestesongeseldhede te verhoed, diagnoseer of behandel.
Tradisionele gebruik sou byvoorbeeld die aanwending van aloe vera op brandwonde of die eet van gemmer vir naarheid insluit.
In die meeste gevalle aanvaar gemeenskappe tradisies omdat dit werk, ongeag of dit wetenskaplik bewys is aldan nie.
Uit die Aarde
Die mensdom se afhanklikheid van plante is so oud soos die berge. Tradisionele kulture se diepgaande kennis van kruiemiddels en die selektiewe gebruik van plante wat deur eeue heen proefondervindelik ontwikkel is, vorm waarskynlik die fondasie van die moderne mediese wetenskap. Daar bestaan wêreldwyd ongeveer 400 000 plantspesies, waarvan talle potensiële gesondheidsvoordele inhou – God se apteek op ons drumpel!
Na raming gebruik 80% van die Suid-Afrikaanse bevolking gereeld tradisionele produkte. Daar bestaan talle sulke produkte vir inwendige en uitwendige gebruik wat volgens hoë standaarde vervaardig word om bestendige gehalte en suiwerheid te waarborg.
Pille uit plante – ‘n hele nuwe reeks
Ons kondig graag met trots aan dat ‘n nuwe, opwindende reeks bygevoeg word by die produkte wat ons met vrymoedigheid aanbeveel, naamlik Swissgarde.
Die Swissgarde reeks reflekteer die oorgang vanaf die gebruik van rou plante na kliniese tablette. Dit pas in by ons benadering van heilsame samewerking met die natuur om gesondheid te verbeter. Hierdie bekostigbare en gerespekteerde produkreeks boesem lank reeds vertroue in: dit gee beskerming en status aan hul gebruikers.
Kruie en plante wat gebruik word is byvoorbeeld:
Knoffel – word reeds vir meer as 5 000 jaar gebruik om bloedcholesterolvlakke te verlaag en infeksie te bekamp.
Afrika-aartappel – ‘n welbekende lid van die tulpfamilie wat lank reeds gebruik word om immuniteit te verbeter.
Aloe vera – een van die oudste bekende medisinale kruie, veral vir uitwendige gebruik op brandwonde en seerplekke. Tydens die middeleeue was dit ‘n gunstelingmiddel vir hardlywigheid.
Boegoe – inheems tot Suid-Afrika, deur die Khoisan gebruik as ‘n algemene tonikum en om die niere te reinig.
Spirulina – ‘n alg-agtige superplant wat proteïene verskaf, immuniteit verbeter, help om allergieë te bestry, bloeddruk en cholesterol te beheer en beskerming teen kanker bied.
Kelp – ‘n waterplant ryk aan, onder andere, vitamines A, B1, B2, B12, C, K, polisakkariede, magnesium, kalium, jodium, sink, kalsium, koolhidrate.
Swissgard kruiekombinasies vir hulp met gewigverlies
“Fat Absorber” kapsules bevat Chitosan, Sojaproteïn, Psyllium, Seegras en Garcinia Cambogia. Dit help jou om gewig te verloor deur te verhoed dat vet in die maag deur die spysverteringskanaal gemetaboliseer en geabsorbeer word.
Psyllium is ‘n oplosbare veselsaad wat gebruik word vir die verligting van hardlywigheid en dit maak ook dat jy versadig voel.
Neem twee kapsules ‘n halfuur voor jou hoofmaal, of voor enige vetterige ete.
“Fat Burner” tablette is geformuleer om te help om vet te verbrand. Die Chroom daarin metaboliseer glukose en help om stabiele bloedsuikervlakke te handhaaf.
Talle mense ervaar ‘n tekort aan Chroom omdat hulle te veel suiker, verfynde meelprodukte en “gemorskos” eet.
Die Spirulina bevat noodsaaklike aminosure.
Een tablet word ‘n halfuur voor elke hoofmaaltyd geneem.
Bestanddele is 350mg Fruktose, 100mg Sojaproteïn, 75mg Spirulina, 50mg DL-Methionien, 35mg L-Glutamine, 30mg Inositol, 25mg Cholien K-bitartraat, 200mcg Chroom Picolinate.
Wil jy meer weet?
Klik op die “Kontak” skakel en laat ons weet wat jou behoeftes is. Indien jy meer inligting oor hierdie produkte verlang, laat weet ons asb. waar jy woon sodat ons jou kan inlig oor bekombaarheid in jou area en gelewerde kostes.