Raak ontslae van buikvet

Vier maniere om van buikvet ontslae te raak

Daardie vet om die middel is waarskynlik die mees algemene oorgewigprobleem, en ook die gevaarlikste. Kyk by http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=101&Itemid=2

Hier is ‘n paar wenke om diegene te help wat hiermee probleme ervaar:

1. Oefening: Dit is moeilik om vet uit ‘n bepaalde area van jou liggaam met oefening weg te kry, maar dit help tog om van oortollige gewig ontslae te raak en dikwels is dit die maag-area wat eerste baat vind. Opsitte en soortgelyke oefening kan die voorkoms verbeter maar net aerobiese oefening kan werklik die vet in hierdie area verbrand.

2. Let op wat jy eet: Daar is talle studies wat bevestig dat sinvolle eetgewoontes baie kan bydra tot jou gewigverliesprogram. (Kyk die eetplanne by www.verslank.net)

3. Kry genoeg slaap: Te min slaap (minder as ses ure) of te veel (meer as agt ure) lei tot oormatige produksie van kortisol, ‘n streshormoon wat die stoor van buikvet bevorder.

4. Verminder stres: Ontspanning vir 15 minute per dag kan ook jou kortisolvlakke verlaag en help om buikvet te verminder. Diep asemhaling, ‘n stappie in die buitelug of ‘n borrelbad kan help om jou te laat vergeet van die wêreld daar buite.

 

You may also like...