Siekte word onbekostigbaar
Vermy die hoë koste van siekte
Volgens ‘n proef onder meer as 100 000 werknemers in meer as 60 maatskappye verloor Suid-Afrika ongeveer R20-biljoen per jaar as gevolg van afwesigheid deur siekte.
Finansiële druk op mediese fondse neem daagliks toe en word vererger deur die feit dat al hoe minder mense die stygende ledegelde kan bekostig.
Doen iets aan die saak
Die snel-toenemende koste van siekte forseer meer en meer mense om verantwoordelikheid vir hulle eie gesondheid te neem. Hulle eet gesonder, oefen meer, bou aan sinvolle verhoudings en gebruik gereeld toepaslike voedselaanvullers.
Mediese gemeenskap erken aanvullers is nodig
Die debat oor aanvullers het bedaar sedert die verklaring in JAMA (Journal of the American Medical Association), die tuiste van Ortodoksie, op 19 Junie 2002 wat lui: “We recommend that all adults take one multivitamin daily”.
Hierdie verklaring verteenwoordig die oorsteek van ‘n waterskeiding nadat die mediese ortodoksie vir dekades lank die gebruik van aanvullers as geldmors en selfs as gevaarlik bestempel het. Die verstommende waarheid is egter dat daar meer as 20 jaar later nog steeds mense en instansies is wat die publiek probeer oortuig dat ‘n aanvullingsprogram onnodig, geldmors, potensieel skadelik of selfs noodlottig kan wees.
Fokus op waarde vir geld
Die debat onder denkende mense skuif toenemend weg van die irrelevante kwessie of aanvullers nodig is. Wat nou relevant word is welke aanvullers goeie waarde vir geld bied te midde van die wye verskeidenheid wat in die mark beskikbaar is.
In gesondheidsake geld die wagwoord “hoe natuurliker, hoe veiliger / beter”. Dit geld ook aanvullers. In die natuur word mikrovoedingselemente via die plant aan die liggaam verskaf. Daardie aanvullers wat in plant- of voedselvorm aangebied word bied heelwat beter waarde vir geld as voedselelemente wat in cheleervorm of ander vorms wat poog om benutting te verhoog, bemark word. Die rede is eenvoudig dat die liggaam nie in staat is om voedselelemente as voedsel te erken indien hulle nie deur die plant kom nie.
Voedselvorm nutriente word ongeveer tienmaal en selfs tot vyftien maal beter benut en bly ook bykans tienmaal langer in die liggaam aktief as chelerings.
Uiteindelik kom dit neer op ‘n keuse tussen duur urine en sinvolle verryking van jou voeding.
Nuwe deurbrake in Plantgebaseerde produkte
Aansprake oor hoedanighede van produkte wat uit seewier of ander plantekstrakte bestaan is gewoonlik uiters oordrewe. Dit is eenvoudig nie mootlik om al die nutriënte wat die liggaam nodig het in voldoende hoeveelhede, sinvolle kombinasies en gebalanseerde hoeveelhede uit plante te haal nie.
Die belangrikheid van glikane wat uit groente en vrugte kom vir genesing en goeie gesondheid kan egter nie oorbeklemtoon word nie.
Al eet jy hoe gesond en vul jy hoe goed aan, as daar nie kommunikasie tussen jou liggaam se sisteme plaasvind nie kan genesing nie gebeur nie. Dan kan die liggaam homself nie eens gesond hou nie!
Jy kan slegs hoogstens 2 glikane via die moderne dieet inkry, terwyl jy 8 nodig het om die liggaam se kommunikasiekanale oop te kry en oop te hou.
Ons ervaring
Sedert ek en Juanita in 1989 begin het om ons voedsel met toepaslike mikro-elemente te verryk, het ons nooit teruggekyk nie. Die kwale en skete het een na die ander die wyk geneem en vandag is dit net geestelike voeding wat vir ons belangriker is as ons voedselvorm-aanvullers.
Die resultaat? Daar is waarskynlik min ander egpare wat, soos albei van ons, hul tagtigerjare betree en uiters selde enige vorm van medikasie neem.
Kontak ons met vrymoedigheid
Indien ons jou verder hiermee kan bystaan is jy welkom om via die “kontak” skakel met ons in aanraking te kom. Ons doen graag wat ons kan om te help.
Niemand gee om dat jy nie goed kan dans nie. Staan net op en dans!