Skraap waagmoed bymekaar
Los ‘n Gewigtige Probleem met Waagmoed op
Dink slank en verander jou dieet en jou figuur
Oorsig
Die dertien uitsoek-kruie in Coloplex harmoniseer om wenslike detoksifiseringsprosesse in jou liggaam te bewerkstellig sonder dat jy oor nadelige newe-effekte bekommerd hoef te wees.
Na detoksifisering is ‘n belangrike volgende stap in jou strewe na gewigverlies en gesondheid om na jou dieet om te sien.
Dieet
Dieet het een van die mees gewilde tydverdrywe geword sedert die kookkuns en eet ontdek is! Of jy nou vyf of vyftig kilogram wil verloor, dit is uiters moeilik om die aantreklike advertensies van mode-diëte te weerstaan wat slanke, fietse lyfies via die maklikste denkbare metodes belowe.
Streng kitsdiëte is aanvanklik as ‘n laaste uitweg gebruik om uitermatige gevalle van vetsug te behandel. Hierdie tipe leefreel word egter deesdae deur gesondheidspa’s as klantelokkers gebruik. Dit word beskou as ‘n modieuse metode om die liggaam te reinig, dit te laat uitrus en oorbodige kilogramme weg te snipper.
Die beste wat jy kan verwag is om met hongerpyne te worstel, hoofpyn, ligte naarheid, swakheid en duiseligheid, en dit net om ‘n paar kilogram te verloor wat jy in alle waarskynlikheid weer sal optel sodra jy na die normale lewe terugkeer. Boonop is die kanse goed dat die vetjies meer as ooit tevore op die verkeerde plekke sal saampak.
Verder stel jy jou liggaam bloot aan uitermatige fisiese stres wat ‘n verskeidenheid van komplikasies kan veroorsaak. Dit ondermyn jou gesondheid en laat sit jou op moedverloor se vlakte.
Diëte wat nie werk nie
Hierdie metodes veroorsaak ‘n gevoel van mislukking omdat die gewig eenvoudig weer terugkruip. Gewig wat soos ‘n klimtol op en af wissel is glad nie goed vir enigeen se gesondheid of welstand nie:
• Tower Voedseldiëte:
Die “pomelodieet,” die “alles-wat-jy-kan-eet vrugtedieet,” die “rysdieet” – daar is ‘n gewigverliesdieet vir bykans elke smaak!
Diëte wat bestaan uit enkele voedseltipes of voedselgroeperings werk nie. Verskeidenheid ontbreek en dus word onvoldoende hoeveelhede van daardie voedingstowwe ingeneem wat die liggaam vir goeie gesondheid nodig het.
• Hoëproteïndiete:
‘n Hoëproteïndieet bou nie spiere nie en verbrand ook nie vet soos sommige mense dink nie. Hierdie diëte bevat gewoonlik ook hoë vetinhoud en baie cholesterol, wat baie nadelig vir die hart is. Die lewer en niere loop ook deur.
Die vinnige gewigverlies wat hierdie diëte meebring is as gevolg van waterverlies eerder as ‘n verlies aan liggaamsvet. Dit kan verskeie ernstige nadele inhou, soos metaboliese versteuring en ander gevaarlike newe-effekte.
Lees meer hieroor by http://en.wikipedia.org/wiki/High-protein_diet
• Baie lae kilojoule vloeistofdiëte:
Lae kilojoule vloeibare formules is ontwikkel vir korttermyngebruik onder mediese toesig. Ongelukkig word die onderwerp van reg eet nie behoorlik aangespreek nie, bes moontlik omdat medici nie normaalweg veel van dieetkunde in hulle opleiding leer nie.
Mense word dus nie begelei tot by die punt waar hulle reg eet nie of hulle bly nie by die regte eetgewoontes nie. Die gevolg is dat daar geen langtermyn gewigverlies plaasvind nie.
• Foefies, dingesies en ander “wonderwerke”
Die wêreld van gewigverlies bied ‘n wye verskeidenheid van maniere en dinge:
• Dieetpleisters
• Stysel- en vetblokkers
• Magiese gewigverlies oorbelle
• Roompies wat vet laat wegsmelt
en vele meer
Geen van hierdie metodes is effektief nie, sommige is skadelik en almal is ‘n mors van geld!
Indien diëte en foefies nie werk nie, wat is dan die oplossing vir die gewigtige probleem?
Dit sal jou ‘n hoë prys kos. “There is a fee:
F – forever
E – eat less
E – exercise more”
Daar is egter geen universele metode nie. Jy sal ‘n individuele benadering moet volg wat aan jou unieke behoeftes voldoen
* vir altyd ..……
Dis korrek! Enigeen kan in die korttermyn gewig verloor. Die kuns kom by die langtermyn handhawing van ‘n laer gewig.
Indien jy ernstig is om gewig te verloor en om daarna ‘n gesonde gewig te handhaaf, is dit nodig om lewenslange dieetkundige en leefstyl aanpassings te maak.
Met erkenning aan Anne Pringle, Geregistreerde Dieetkundige, Sportron Internasionaal.
Anne is een van talle dieetkundiges en gesondheidsdeskundiges wêreldwyd wat saamstem dat eetplanne soos dié in www.verslank.net die beste benadering tot volhoubare gewigverlies en goeie gesondheid bied.
Aanhaling: Is not that a great principle for all of living? The people who will really accomplish great things in life are those who are willing to discipline their lives, who maintain their health, their vitality, their efficiency through this process of rigorous disciplining of what they take into their bodies and what they do in life. It’s a very important thing in terms of championship living.
Outeur: Bob Richards Amerikaanse Olimpiese Paalspringkampioen