Sonder kalsium sterf jy!
Kalsium en jou gesondheid
Kalsium oraloor
Deesdae word kalsium by allerlei verwerkte voedselsoorte gevoeg. Baie mense voel beter net omdat hulle die regte ding doen – almal weet mos dat ons kalsium nodig het om te oorleef. Mense koop produkte ter wille van die addisionele voordeel van bygevoegde kalsium. Daar is egter deesdae geweldig baie gesondheidsprobleme wat deur ‘n oormaat kalsium veroorsaak word.
Die probleem is dat slegs kalsium wat uit plante kom (voedselvorm) behoorlik deur jou liggaam opgeneem en benut kan word.
Alle ander vorms van kalsium, wat direk uit die grond of uit skulpe of een of ander anorganiese bron gehaal word, se benutting in die liggaam is baie laag. Opneembaarheid van sulke anorganiese kalsium is selde meer as 10%, selfs met die duurste en beste keleringstegnologie in aanvullers. Ongelukkig is dit sonder uitsondering hierdie soort kalsium wat in voedsel bygevoeg word.
Gevaarlike onbenutte kalsium
Wanneer slegs 10% van die kalsium wat jy inneem benut word, is dit logies dat 90% daarvan onbenut erens in die liggaam rondswerf. In werklikheid word hierdie kalsium as onherkenbare indringerstowwe deur die liggaam op gevaarlike plekke “weggegooi” in ‘n vergeefse poging om daarvan ontslae te raak.
Die gevolg is ongewensde en skadelike kalsiumaanpaksel in die are, dikderm, spierweefsel, niere en baie ander ongewensde plekke waar die probleme wat dit veroorsaak erg nadelig of selfs noodlottig kan wees. Voorbeelde hiervan is artritis, kanker, hartsiektes en nierstene.
Hierdie verskynsel lei tot ‘n oënskynlike teenstrydigheid: meer as 90% van die hedendaagse leefstylverwante siektes hou verband met ‘n oormatige kalsiuminname, maar terselfdertyd benut minder as 10% van die bevolking voldoende kalsium.
Dr. Gunter Blöbel het in 1999 navorsing hieroor gedoen wat aan hom die Nobelprys vir Fisiologie besorg het. Hy het onder andere bevind dat anorganiese kalsium wat tipies in aanvullers gebruik word die hoofoorsaak van die probleme is. Aan die ander kant help kalsium wat natuurlik in voedselplante voorkom om ongewensde kalsiumneerslae op te los.
Bronne van voedselvorm kalsium
Omdat kalsium- en magnesiumopname interafhanklik is (jou liggaam kan dus nie die een sonder die ander opneem nie) word bronne vir albei aangedui:
Kalsium
Cheddarkaas
Amandels
Brouersgis
Pietersielie
Pruimedante
Pampoensaad
Gekookte droë bone
Kool
Magnesium
Cashewneute
Brasiliaanse neute
Grondbone
Amandels
Pekanneute
Knoffel
Rosyne
Groenertjies
Aanvulling is nodig
Omdat bykans al ons voedsel deesdae verwerk word, vind ons selde natuurlike minerale in voldoende hoeveelhede daarin. Die bygevoegde anorganiese minerale dra eerder by tot die probleem as tot die oplossing.
Daar is slegs een kalsiumaanvuller wat wetlik in Afrika bekombaar is waaruit aanvaarbare hoeveelhede kalsium opgeneem en benut word om ‘n noemenswaardige verskil te maak. Die rede is dat dit uit ‘n tegnologies gevorderde en gepatenteerde proses kom wat die natuurlike proses van fotosintese naboots. Dit gee aan ons kalsium in ‘n soortgelyke vorm as die wat in plante voorkom.
Die betrokke tegnologie, genaamd Foodstate ® is in 1993 in die Hooggeregshof in die VSA aan die strengste denkbare toetsing onderwerp. Die farmaseutiese reuse het destyds 3 miljoen dollars aan regskoste betaal om te probeer bewys dat dit ‘n foefie is. Hulle het gefaal. Daarna het hulle ‘n onsuksesvolle poging aangewend om die alleenreg tot die tegnologie te bekom.
Jy spaar geld met FoodState ® tegnologie omdat jou liggaam bykans alles benut. Die grootste rede waarom jy dit egter behoort te gebruik is omdat dit veilig en doeltreffend is. Anorganiese kalsium (wat in tipiese “tradisionele” aanvullers gebruik word) is skadelik vir die liggaam omdat bykans 90% daarvan êrens in die liggaam “weggegooi” word en jou boonop dodelik siek kan maak. Daarenteen is die benutting van FoodState ® kalsium ongeveer 90%.
Hierdie unieke, heilsame kalsium word deur die Sportronbeen van Ascendis Health by wyse van ‘n produk genaamd Calcitone verskaf. Kontak ons vir meer inligting of om bestellings te plaas. Oornagaflewering is landwyd beskikbaar.
Besoek ons by https://www.facebook.com/gesond.verslank