Stadig oor die klippe
Ontspan en stop om blomme te ruik
Dink daaraan – as jy nie betyds briek aandraai nie, is jy dalk een van die dae nie in staat om dinge stadiger te vat nie. Of jy is eenvoudig nie meer daar nie. Miskien doen jy dit ter wille van diegene om jou, maar in die proses verloor jy kontak. As jy jou weer kom kry, dan bly daar niks meer oor waarvoor jy kan stilhou nie!
Alles is deesdae gejaagd. Daar is net nie genoeg ure in ‘n dag nie. Dit is kitskursusse, kitsdiëte, spoedlees, alles moet mikrogolfbaar wees, toustaan is taboe en die telefoon en rekenaar beheer ons lewens tot die mate dat hulle deesdae oral saamgaan.
Klaus Schwab, President van die Wêreld Ekonomiese Forum stel dit so: Ons beweeg weg van ‘n wêreld waarin die grote die kleine eet na ‘n wêreld waarin die vinnige die stadige eet.
Lewensstandaard word foutiewelik gelykgestel aan lewenskwaliteit. Die twee is ligjare uiteen.
Lewensstandaard meet grade van voorspoed gebaseer op inkomstevlakke, gehalte van behuising, mediese sorg, opvoedkundige geleenthede en ander veranderlikes.
Aan die ander kant verwys lewenskwaliteit na ‘n individu se tevredenheid met die lewe en sy/haar algemene gevoel van welvaart. Dit word dikwels as fisiese, sielkundige en sosiale welvaart gemeet.
Hierdie twee begrippe is dus nie net teenoorgestelde pole nie, maar dit is opvallend dat lewensstandaard verbeter ten koste van dalende lewenskwaliteit.
Wat is die nut van beskikbare inkomste as daar nie tyd is om dit te spandeer nie? Vir hoeveel jare leef jy reeds in die waan en hoop (wanhoop) dat hierdie besige tyd binnekort verby sal gaan?
Die dolle gejaag raak maklik buite beheer. Wees versigtig: Spoed maak dood.
Wie ookal beweer dat besig-wees geluk kan bring, moet weer mooi gaan nadink. ‘n Gejaagde lewe is ‘n foltering. Jy leef oppervlakkig, sonder om betekenisvolle kontak met ander mense te maak. Vriende kom nie meer kuier nie, jy verloor kontak met die wêreld rondom jou, jy word ‘n suurkous.
Om veelvuldige take te verrig word opgehemel as ‘n doeltreffende en effektiewe tydbespaarder, maar dit beteken dikwels dat dinge halfhartig gedoen word. Dit lyk asof twee voëls met een klip eerder die jagter as die prooi doodmaak.
Wat is die punt?
Hokaai! Stadig oor die klippe. Ja, jy het dit al gehoor, maar jy het tans te veel hooi op jou vurk om werklik aandag te gee. Buitendien, dis net die ouens wat nie weet hoe nie wat moet briek aandraai, nie waar nie?
Die harde werklikheid is dat, indien jy te laat rem trap, jy nie meer duskant die rand van die afgrond tot stilstand kan kom nie.
Korrespondensie
Ons beantwoord getrou alle briewe. Indien jy dus ‘n e-pos gestuur het en geen antwoord ontvang het nie, is die kanse byna 100% dat ons nie jou navraag ontvang het nie. Indien dit gebeur, stuur dit asb weer via ons webblad. Gaan in by www.verslank.net en klik op “Kontak.” Gebruik dan die e-posvenster om jou boodskap te stuur. Dit is ‘n baie betroubare manier om seker te maak dat jou pos by ons uitkom.
Indien jy weieringsboodskappe op vorige pogings ontvang het, stuur hulle asseblief ook saam. Dit sal ons help om die haakplekke uit die weg te ruim.
Don’t worry about avoiding temptation. As you grow older, it will avoid you.
– Winston Churchill