Stres maak vet en Internetfoefies

Stresvolle gesinne kan kinders vet maak

Navorsing onder Sweedse gesinne het getoon dat ’n kind se risiko om vetsug op te doen verhoog kan word as hy/sy in ’n stresvolle huis bly.

Mnr. Felix-Sebastian Koch, ’n doktorale student van die Linkoping-universiteit en sy kollegas het die spanningsvlakke in 7 443 gesinne gemonitor vandat hulle kinders gebore is tot op die ouderdom van vyf of ses jaar.

In die navorsing is vyf- en sesjariges uit gesinne met lae en hoë stresvlakke vergelyk.

Daar is bevind dat die groep met die hoë stresvlakke sowat dubbel die risiko het om vetsugtig te wees.

Ouers het verskeie spanningsgebeure aangemeld: ernstige gebeure soos ongeluk, siekte of dood in die familie, egskeiding, werkloosheid of blootstelling aan geweld; ouerskap- of verhoudingsprobleme; ’n gebrek aan maatskaplike steun.

Ouers besef dikwels nie hoeveel negatiewe impak stres op die lewens van kinders kan uitoefen nie. Probleme in ‘n ouerhuis kan aanpassings- en gesondheidsprobleme by ‘n kind vestig wat hom/haar lewenslank bybly.

 

Die appel val nie vêr van die boom af nie

Aan die ander kant kan stabiliteit, ‘n goeie voorbeeld en goeie leiding kinders ongelooflik baie help om op talle lewensterreine op die regte spoor te kom en te bly.

Kinders yk hulle waardes dikwels doelbewus of onbewustelik op dié van hulle ouers.

Timoteus is ‘n goeie voorbeeld van hoe positief iemand deur ‘n Godvresende familie beinvloed kan word.  (2 Tim. 1:5 en 3:15)

Vermy en veg terug teen Internetbedrog en foefies  

Die FBI (Federal Bureau of Investigation) in die VSA wil jou help om Internetbedrog te ontmasker en te vermy.

Kyk by http://www.lookstoogoodtobetrue.com/index.aspx 

Indien jy ingeloop word, moenie te maklik tou opgooi nie. Daar is waghondorganisasies wat jou kan help om sake reg te stel. Kontak my by jan@verslank.net  as jy hiermee hulp nodig het.

En wat van al daardie e-posse wat op jou gevoelens speel om jou te oorreed om ‘n goeie saak te ondersteun?

Kyk eers by http://www.snopes.com/  of dit nie maar net nog ‘n foefie is nie. Dit spaar jou dalk die verleentheid om ‘n foefie onder jou vriende te versprei.

You may also like...