Tien maniere om gewig op te tel

Top tien maniere om gewig op te tel

Hierdie is waarskynlik die top tien dinge wat baie van ons lesers sal verkies om te vermy…

10. Geniet die vrugtesap

As jy op soek is na ‘n vinnige metode om meer gewigtig te word, begin dan om glas na glas vrugtesap te drink. Vrugtesap word allerweë as ‘n gesonde drankie beskou, maar is alles behalwe. Dit bevat hopeloos te veel koolhidrate om dit te kan insluit by ‘n vetverliesdieet of gewig instandhoudingseetplan. Om alles te kroon is die feit dat fruktose ‘n groot gedeelte van hierdie koolhidrate verteenwoordig. Fruktose word baie gou in liggaamsvet omskep omdat dit nie in die spiermassa opgeberg kan word nie. Die oplossing is water of groentee en onthou om vrugte op die regte tye te eet. Lees meer by http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=181&Itemid=2

9. Gaan aan’t fuif

Indien jy in die gewoonte is om tydens die werkweek drank te vermy en dan op naweke partytjie te hou, gaan jy vet word. Jy sal maklik in een aand van fuif heelwat meer as 1 000 kalorieë inneem. Voeg al die hoendervlerkies, pizza en grondbone by wat jy daarmee saam eet, en jy kan maklik ‘n volle 500 gram in een aand optel. Beperk jou alkoholinname tot een of twee drankies per aand, en net by geleentheid, ter wille van die afmetings van jou middeltjie. Alkohol se effekte kan ingrypend wees: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=170&Itemid=2

8. Eet verfynde koolhidrate

Verfynde koolhidrate, veral van die soort wat geprosesseer is, is nou een ding at jou baie gou sal vet maak. Sulke voedselkeuses is uiters gevaarlik as dit by oorgewig kom. Hulle skiet jou insulienvlakke die hoogte in en plaas jou liggaam sodoende in ‘n toestand van vet-opberging. Tensy jy so pas ‘n baie intensiewe oefensessie gehad het, sal al die kalorieë wat sonder ‘n bestemmming in jou bloed ronddryf as vet gestoor word. Hou altyd matigheid voor oë met die inname van verfynde koolhidrate en strewe na balans met vetvrye proteïne en die natuurlike koolhidrate in groente en vrugte. Bestuur jou koolhidraatinname: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=103&Itemid=2

7. Eet uit

Vermy gereelde uit-eet by restaurante. Baie mense slaag daarin om gemorskos te vermy maar vergeet dat eetplekke soos restaurante byna dubbel so erg is. Die gemiddelde voorgereg bevat maklik heelwat meer as 1 000 kalorieë en is dikwels geprosesseer. As jy doeltreffende gewigbeheer wil toepas, sal jy so dikwels as wat moontlik is tuis moet kosmaak.

6. Ry met die motor

Miskien fokus jy op intensiewe oefensessies, maar as jy daaglikse geleenthede om aktief te wees laat verbyglip kan dit jou duur te staan kom. As jy gereeld gimnasiums besoek maar oral waar jy wil wees met die motor ry, en oor die algemeen luierig is, sal die hoeveelheid kalorieë wat jy in ‘n dag kan uitbrand aansienlik minder wees as wat dit behoort te wees. Jy kan maklik 200 tot 500 kalorieë per dag uitbrand deur net uit jou motor te klim en ‘n bietjie rond te stap, in die verste hoek van die parkeerterrein stil te hou of die trappe bo die hysbak te kies.

5. Eet vetterige kos

Indien jy jou dieet wil omseil, is die ergste waarmee jy dit kan doen verfynde hoë koolhidraat, vetterige kos. Voedselsoorte met ‘n hoë koolhidraat sowel as vetinhoud (soos pizza, oliebolle of burgers), slaan jy jou liggaam baie hard met oortollige kalorieë wat tot gewigtoename sal lei. So ‘n inname sal jou insulienvlakke die hoogte in laat skiet. Nou is jou liggaam in ‘n prima-vetopberg staat sodat jy vet vinnig sal opneem en stoor. As jy moet kul, doen dit dan met voedselsoorte wat minder vet en meer onverfynde koolhidrate bevat. Dit sal help om die oortollige kolhidrate na die spierselle te stuur waar spierglikoseen aangevul word. Sodoende verminder jy jou kanse om liggaamsvet op te tel.

4. Gebruik kommersiële hulpmiddels vir gewigtoename

Indien jy probeer om vetvrye spiermassa by te sit, oorweeg jy moontlik die gebruik van ‘n produk vir gewigtoename. Dink weer mooi hieroor as jy slank wil bly. Terwyl jy kyk na hoë kalorie-inname om spiermassa op te bou, moet jy in gedagte hou dat sommige van daardie kommersiële gewigtoenameprodukte heelwat meer as 1 000 kalorieë kan bevat. Dit is te veel vir selfs die grootste gewigopteller. Sulke kommersiële gewigtoenameprodukte is ook dikwels volgestop met eenvoudige suikers, wat chaos in jou liggaam gaan veroorsaak en jou blootstel aan diabetes. Meng dan eerder jou eie gewigboupoeier met proteïnpoeier, rou hawermout en vlassaad.

3. Laai jouself met die verkeerde proteïne

Jy weet dat jy proteïne vir spierbou benodig en jy slaan ag op hierdie advies. Dag na dag laai jy jouself met al die hoë proteïnkosse waarop jy jou hande kan lê. Jy voel nie in die minste skaam oor die sappige 400 gram biefstuk wat jy geniet as die geleentheid hom voordoen nie. As dit jou beskryf, dan is jy heelwaarskynlik oppad na vetsug. Onthou dat talle kossoorte met ‘n hoë proteïninhoud ook hoë hoeveelhede versadigde vette en kalorieë bevat. As jy te veel darvan eet is jy stewig oppad na vetsug. Kies eerder vetvrye proteïnbronne en hou matigheid voor oë. Manne se drange lei meer na proteïn-ryk kosse maar onthou dat te veel van ‘n goeie ding ‘n probleem word. Pasop egter ook vir die slaggate in die sogenaamde hoë proteïndieet: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=57&Itemid=2

2. Trek terug huistoe

Geldelike oorwegings lei daartoe dat meer en meer jonger mense weer by hulle ouers intrek. Nie altyd ‘n goeie plan as jy slank wil bly nie. Al Moeder se lekker, vetterige kalorieryke kos sal heelwaarskynlik lei na oortollige kalorie-inname. Met die dat iemand anders die kookwerk doen en jy net eet, is jy op die afdraandepad wat jou buikvet betref.

1. Sien af van oefening met gewigte

Moet nie oefensessies met gewigte min ag of afskeep nie. Dit sal baie beter wees om by ‘n gimnasium ‘n draai te maak om net een stel oefeninge te doen as om geen oefening met gewigte te doen nie. Sulke oefeninge sal jou metabolisme aansienlik versnel. Dit kan die verskil maak: dit kan bepaal of jy op die bepaalde dag slank gaan bly en of jy teen die aand liggaamsvet gaan optel. ‘n Intensiewe oefensessie kan jou verbranding van kalorieë vir die dag met tot 200 verhoog.

You may also like...